Prof. Herbert Ernst Wiegand is op 3 Januarie 2018 oorlede

2018-01-30
Prof. Herbert Ernst Wiegand is op 8 Januarie 1936 gebore en op 3 Januarie 2018 oorlede.  Hy was 'n Adviesraadslid van Lexikos sedert Lexikos 5.  Lexikos 25 is in 2015 met  sy 80ste verjaardag aan hom opgedra.  Hy het gereeld in Lexikos gepubliseer en het 'n waardevolle inset gelewer as Adviesraadslid oor baie jare.  ‘n Huldeblyk aan prof. Wiegand deur prof. Rufus H. Gouws sal in Lexikos 28 verskyn.