G.J. van Wyk (Tegn. Red.), A.E. Cloete, A. Jordaan, H.C. Liebenberg en H.J. Lubbe. Etimologiewoordeboek van Afrikaans (eerste fase).
Résumé
Daar is in die onlangse paar dekades bloedweinig oor die Afrikaanse etimologie gepubliseer. Die "jongste" samevatting is Boshoff en Nienaber 1967; vergelyk ook ? naas 'n verskeidenheid voortreflike studies deur Scholtz, waaronder Scholtz 1972 ?, Smith 1962 ('n versameling koerantartikels uit die laat negentiendertigerjare), Combrink 1969 en Franken 1953. Die mees resente bydrae tot die Afrikaanse etimologie kom uit 'n heel onverwagte oord, die Engelse leksikografie, met name Silva 1996, 'n bron wat ruim deur Etimologiewoordeboek van Afrikaans benut word.Copyright of all material published in Lexikos will be vested in the Board of Directors of the Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Authors are free, however, to use their material elsewhere provided that Lexikos (AFRILEX Series) is acknowledged as the original publication source.
Creative Commons License CC BY 4.0