Madaleine du Plessis (Hoofredakteur/Chief Editor). Pharos 1, Afri-kaans–Engels/English–Afrikaans Woordeboek/Dictionary
Résumé
Die Pharos van Alexandrië was 'n 152 m-hoë vuurtoring van wit marmer wat in 160 v.C. deur die ou Egiptenare aan die monding van die Nyl op die eiland Pharos gebou is. Pharos was, as vernaamste rigtinggewer en ligbaken, die voor-loper van alle latere vuurtorings en een van die sewe wonders van die antieke wêreld. Sedert 1996 het Pharos Uitgewers, met sy bekende ligbakenikoon, as spesialis in die uitgee van woordeboeke en taalhulpmiddels, lig gewerp op talle taalkwessies van die Suid-Afrikaanse taalgemeenskap. Vanjaar was Pharos Woor-deboeke verantwoordelik vir 'n nuwe, langverwagte vlagskippublikasie — die omvangryke, enkelvolume Pharos 1, Afrikaans–Engels/English–Afrikaans Woorde-boek/Dictionary.Copyright of all material published in Lexikos will be vested in the Board of Directors of the Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Authors are free, however, to use their material elsewhere provided that Lexikos (AFRILEX Series) is acknowledged as the original publication source.
Creative Commons License CC BY 4.0