'n Kritiese beskouing van woordeboeke met geamalgameerde lemmalyste

  • D.J. Prinsloo Departement Afrikatale, Universiteit van Pretoria, Pretoria, Suid-Afrika

Résumé

Die onlangs gepubliseerde Groot Woordeboek (Afrikaans en Nederlands), ook bekend as ANNA, is die eerste woordeboek met 'n geamalgameerde lemmalys gebaseer op die model van Martin en Gouws (2000). ANNA baan ook die weg vir 'n soortgelyke benadering vir ander nouverwante tale soos die Sothotale en die Ngunitale van Suid-Afrika. Die voor- en nadele van vyf aspekte te wete (a) vergelyking en kontras, (b) gebruikersvriendelikheid, (c) ruimte­bespa­ring, (d) ordening van betekenisonderskeidings en (e) die aanbod van 'n afsonderlike gram­ma­tikale kom­pendium word krities beskou. Die beginsels waarop amalgamering berus, die ter­saak­like lem­ma­tipes, asook enkele kenmerke van die model word vooraf kortliks bespreek.
Publié-e
2013-12-20
Comment citer
Prinsloo, D. (2013). ’n Kritiese beskouing van woordeboeke met geamalgameerde lemmalyste. Lexikos, 23(1). https://doi.org/10.5788/23-1-1220
Rubrique
Artikels/Articles