'n Kritiese beskouing van woordeboeke met geamalgameerde lemmalyste
Abstract
Die onlangs gepubliseerde Groot Woordeboek (Afrikaans en Nederlands), ook bekend as ANNA, is die eerste woordeboek met 'n geamalgameerde lemmalys gebaseer op die model van Martin en Gouws (2000). ANNA baan ook die weg vir 'n soortgelyke benadering vir ander nouverwante tale soos die Sothotale en die Ngunitale van Suid-Afrika. Die voor- en nadele van vyf aspekte te wete (a) vergelyking en kontras, (b) gebruikersvriendelikheid, (c) ruimtebesparing, (d) ordening van betekenisonderskeidings en (e) die aanbod van 'n afsonderlike grammatikale kompendium word krities beskou. Die beginsels waarop amalgamering berus, die tersaaklike lemmatipes, asook enkele kenmerke van die model word vooraf kortliks bespreek.Copyright of all material published in Lexikos will be vested in the Board of Directors of the Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Authors are free, however, to use their material elsewhere provided that Lexikos (AFRILEX Series) is acknowledged as the original publication source.
Creative Commons License CC BY 4.0