Die leksikografiese aanbieding en behandeling van vaste uitdrukkings
Résumé
Vir leksikograwe is dit belangrik om in hulle besluite oor die insluiting van vaste uitdrukkings in hulle woordeboeke vertroud te wees met die status van vaste uitdrukkings as volwaardige leksikale items. Hierdie status behoort 'n invloed te hê op die manier waarop vaste uitdrukkings aangebied en behandel word. Na aanleiding van die behandeling in bepaalde woordeboeke word daar in hierdie artikel aangevoer dat vaste uitdrukkings lemmastatus in woordeboeke moet kry en wel deur as sublemmata opgeneem te word in 'n geneste teksblok wat geheg word aan die artikel van 'n lemma wat 'n sleutelwoord uit die vaste uitdrukking verteenwoordig. Die behandeling moet van 'n omvattender aard wees as wat tans die geval is in algemene woordeboeke. 'n Fokus op leksikografiese funksies vra om die insluiting van sekere aanduidertipes in die behandeling. Dit sluit onder meer etimologiese data in, asook eksplisiete leiding ten opsigte van kultuurgebonde vaste uitdrukkings.Sleutelwoorde: aanduider, deelartikeltrajek, gidselement, idiome, kognitiewe funksie, konteksleiding, koteksleiding, kultuurgebonde items, leksikografiese behandeling, leksikografiese funksies, lemmateken, lemmatiese adressering, nes, nielemmatiese adressering, nis, sublemma, vaste uitdrukkingsCopyright of all material published in Lexikos will be vested in the Board of Directors of the Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Authors are free, however, to use their material elsewhere provided that Lexikos (AFRILEX Series) is acknowledged as the original publication source.
Creative Commons License CC BY 4.0