Die leksikografiese aanbieding en behandeling van vaste uitdrukkings

  • Rufus H. Gouws Departement Afrikaans en Nederlands, Universiteit Stellenbosch, Stellenbosch, Suid-Afrika

Abstract

Vir leksikograwe is dit belangrik om in hulle besluite oor die insluiting van vaste uitdrukkings in hulle woordeboeke vertroud te wees met die status van vaste uitdrukkings as vol­waardige leksikale items. Hierdie status behoort 'n invloed te hê op die manier waarop vaste uit­drukkings aangebied en behandel word. Na aanleiding van die behandeling in bepaalde woor­de­boeke word daar in hierdie artikel aangevoer dat vaste uitdrukkings lemmastatus in woor­de­boeke moet kry en wel deur as sublemmata opgeneem te word in 'n geneste teksblok wat geheg word aan die artikel van 'n lemma wat 'n sleutelwoord uit die vaste uitdrukking verteenwoordig. Die behandeling moet van 'n omvattender aard wees as wat tans die geval is in algemene woor­de­boeke. 'n Fokus op leksikografiese funksies vra om die insluiting van sekere aanduidertipes in die behan­deling. Dit sluit onder meer etimologiese data in, asook eksplisiete leiding ten opsigte van kul­tuur­gebonde vaste uitdrukkings.Sleutelwoorde: aanduider, deelartikeltrajek, gidselement, idiome, kog­ni­tiewe funksie, konteksleiding, koteksleiding, kultuurgebonde items, lek­si­kografiese behandeling, leksikografiese funksies, lemmateken, lem­ma­tiese adressering, nes, nielemmatiese adressering, nis, sublemma, vaste uit­drukkings
Veröffentlicht
2013-12-19
Zitationsvorschlag
Gouws, R. H. (2013). Die leksikografiese aanbieding en behandeling van vaste uitdrukkings. Lexikos, 23(1). https://doi.org/10.5788/23-1-1208
Rubrik
Artikels/Articles