Implikasies vir die leksikografie van die klassifikasie van plante en diere in die volkstaksonomie

  • J.C.M.D. du Plessis Buro van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal

Résumé

In hierdie opstel word die wetenskaplike taksonomiese stelsel met die volkstaksonomiese stelsel gekontrasteer deur die gebruik van relasionele semantiese modelle: die basis vir eersgenoemde is hoofsaaklik meronimie, terwyl dié vir laasgenoemde veral modifikasie is. Ooreenstemmend met hierdie stelsels kan twee soorte woordeboeke onderskei word: die ensiklopediese woordeboek en die standaardwoordeboek wat gebaseer is op ekstensionele en stereotipiese konsepte onderskeidelik. In 'n wetenskaplik gebaseerde kultuur beïnvloed die wetenskaplike taksonomiese konsepte die volkswetenskaplike konsepte van plante en diere. Hierdie feit behoort in aanmerking geneem te word by definisies in 'n omvattende verklarende woordeboek wat op prototipiese konsepte gebaseer is en 'n plek tussen die ensiklopediese woordeboek en die standaardwoordeboek inneem.
Comment citer
du Plessis, J. (1). Implikasies vir die leksikografie van die klassifikasie van plante en diere in die volkstaksonomie. Lexikos, 1(1). https://doi.org/10.5788/1-1-1150
Rubrique
Artikels/Articles