Implikasies vir die leksikografie van die klassifikasie van plante en diere in die volkstaksonomie
Abstract
In hierdie opstel word die wetenskaplike taksonomiese stelsel met die volkstaksonomiese stelsel gekontrasteer deur die gebruik van relasionele semantiese modelle: die basis vir eersgenoemde is hoofsaaklik meronimie, terwyl dié vir laasgenoemde veral modifikasie is. Ooreenstemmend met hierdie stelsels kan twee soorte woordeboeke onderskei word: die ensiklopediese woordeboek en die standaardwoordeboek wat gebaseer is op ekstensionele en stereotipiese konsepte onderskeidelik. In 'n wetenskaplik gebaseerde kultuur beïnvloed die wetenskaplike taksonomiese konsepte die volkswetenskaplike konsepte van plante en diere. Hierdie feit behoort in aanmerking geneem te word by definisies in 'n omvattende verklarende woordeboek wat op prototipiese konsepte gebaseer is en 'n plek tussen die ensiklopediese woordeboek en die standaardwoordeboek inneem.Copyright of all material published in Lexikos will be vested in the Board of Directors of the Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Authors are free, however, to use their material elsewhere provided that Lexikos (AFRILEX Series) is acknowledged as the original publication source.
Creative Commons License CC BY 4.0