Voorbeeldmateriaal in woordeboeke
Résumé
Voorbeeldmateriaal kan sitate, poëme en / of kollokasies insluit en behoort semanties, sintakties en pragmaties by te dra tot die behandeling van lemmas in 'n bepaalde verklarende woordeboek. Om werklik funksioneel te wees, behoort voorbeeldmateriaal aan sekere kriteria te voldoen: voorbeeldmateriaal moet die taalwerklikheid reflekteer, aanpas by die teikengebruikers van die woordeboek, maklik begrypbaar en neutraal wees. Sitate het soms gebreke, maar die voordele van 'n goeie sintaktiese komponent vergoed daarvoor. Voorbeeldmateriaal kan met vrug in handwoordeboeke gebruik word, maar Afrikaanse handwoordeboeke se hantering daarvan is nie werklik bevredigend nie.Copyright of all material published in Lexikos will be vested in the Board of Directors of the Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Authors are free, however, to use their material elsewhere provided that Lexikos (AFRILEX Series) is acknowledged as the original publication source.
Creative Commons License CC BY 4.0