Voorbeeldmateriaal in woordeboeke

  • F.J. Lombard Buro van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal

Abstract

Voorbeeldmateriaal kan sitate, poëme en / of kollokasies insluit en behoort semanties, sintakties en pragmaties by te dra tot die behandeling van lemmas in 'n bepaalde verklarende woordeboek. Om werklik funksioneel te wees, behoort voorbeeldmateriaal aan sekere kriteria te voldoen: voorbeeldmateriaal moet die taalwerklikheid reflekteer, aanpas by die teikengebruikers van die woordeboek, maklik begrypbaar en neutraal wees. Sitate het soms gebreke, maar die voordele van 'n goeie sintaktiese komponent vergoed daarvoor. Voorbeeldmateriaal kan met vrug in handwoordeboeke gebruik word, maar Afrikaanse handwoordeboeke se hantering daarvan is nie werklik bevredigend nie.  
Zitationsvorschlag
Lombard, F. (1). Voorbeeldmateriaal in woordeboeke. Lexikos, 2(1). https://doi.org/10.5788/2-1-1131
Rubrik
Artikels/Articles