Voorlopige kriteria vir wie en wat die leksikograaf is

  • Marius Swart Departement Afrikaans en Nederlands, Universiteit Stellenbosch, Stellenbosch, Suid-Afrika
  • André H. du Plessis Buro van die WAT, Stellenbosch, Suid-Afrika; Departement Afrikaans en Nederlands, Universiteit Stellenbosch, Stellenbosch, Suid-Afrika

Abstract

Daar is verbasend min sistematiese akademiese ondersoek na wie presies leksi­ko­grawe is. Rufus Gouws wys hierdie problematiek reeds 'n dekade gelede uit. Gouws (2012) onder­soek nie net die aktiwiteite wat verband hou met Leksikografie nie, maar vra krities watter rolle die persone speel wat binne hierdie vakgebied bedrywig is. Gouws (ibid.) se bespreking lei af dat dit nodig is om ondubbelsinnige kriteria te ontwikkel vir wie 'n leksikograaf genoem kan word. Om hierdie kriteria te help ontwikkel, neem hierdie artikel die werk van Gouws onder die loep in die vorm van 'n gevallestudie met 'n onderliggende tematiese analise. Gouws se eie bydrae op meta­leksikografiese vlak, maar ook tot die leksikografiese praktyk en leksikografie-opleiding, spreek van­self in terme van produktiwiteit, kundigheid en relevansie. Die gevallestudie behels 'n lite­ra­tuur­oorsig oor Gouws se navorsingsartikels uit die afgelope 10 jaar sedert die verskyning van die genoemde 2012-artikel. Die artikels is tematies ontleed en 'n stel rolle word afgelei wat alge­meen blyk uit hierdie leksikografiese publikasies. Hierdie rolle of aktiwiteite word indringend bespreek, en uit die bespreking word uiteindelik 'n voorlopige stel kriteria afgelei vir wie 'n lek­si­ko­graaf genoem kan word. Sleutelwoorde: leksikograaf, metaleksikograaf, woordeboekmaker, peda­goog, taalkundige, taalburgerskap, aktivisme
Veröffentlicht
2023-12-14
Zitationsvorschlag
Swart, M., & du Plessis, A. H. (2023). Voorlopige kriteria vir wie en wat die leksikograaf is. Lexikos, 33(2), 1-21. https://doi.org/10.5788/33-2-1834