Lexicography and the Relevance Criterion

  • Theo J.D. Bothma Department of Information Science, University of Pretoria, Pretoria, South Africa and visiting professor, Centre for Lexicography, Aarhus, Denmark
  • Sven Tarp Centre for Lexicography, Business and Social Science, University of Aarhus, Aarhus, Denmark and visiting professor, Department of Information Science, University of Pretoria, Pretoria, South Africa
Trefwoorden: leksikografie, funksieteorie, kognitiewe situasies, kommunikatiewe situasies, operatiewe situasies, interpretatiewe situasies, pre-leksikografiese fase, intra-leksikografiese fase, post-leksikografiese situasie, inligtingkunde, relevansieteorie, topikale

Samenvatting

Leksikografie en die relevansie-kriterium. Tot onlangs kon leksikografie en inligtingkunde tereg gesien word as twee dissiplines wat langs parallelle lyne ontwikkel het, maar met min of geen formele verhouding tussen hulle nie. Alhoewel die twee dissiplines in bykans volkome isolasie van mekaar ontwikkel het, het dit gedurende die afgelope aantal jare al hoe meer duidelik geword dat hulle baie in gemeen het. Hierdie tendens het begin met leksikografie wat begin het om leksikografiese werke te sien as 'n spesiale tipe hulpmiddel ("tool") wat ontwerp is om geraadpleeg te word met die doel om inligting te bekom. Op grond hiervan is daar voorgestel dat leksikografie as deel van inligtingkunde gesien behoort te word, en gevolglik daarin geïntegreer behoort te word (sien bv. Bergenholtz en Bothma 2012, Tarp 2009). Dit is duidelik dat die integrasie van die twee tot-dusver onafhanklike dissiplines met lang tradisies van hulle eie nie iets is wat oornag opgelos sal kan word nie en dat dit nie 'n eensydige proses kan wees nie. In hierdie artikel word die konsep van relevansie in beide dissiplines bespreek en word daar aan die hand van voorbeelde van leksikografiese hulpmiddels aangetoon hoe die teoretiese raamwerke van die twee dissiplines mekaar kan komplementeer. Dit sal gedoen word binne die raamwerk van die funksieteorie in leksikografie, soos bespreek in die talle werke van Tarp en Bergenholtz (bv. Bergenholtz en Tarp 2002) en andere, en relevansie-teorie in inligtingkunde soos gedefinieer deur Saracevic (1975, 1996), Cosijn en Ingwersen (2000) en andere. Sleutelwoorde: leksikografie; funksieteorie; kognitiewe situasies; kommunikatiewe situasies; operatiewe situasies; interpretatiewe situasies; pre-leksikografiese fase; intra-leksikografiese fase; post-leksikografiese situasie; inligtingkunde; relevansieteorie; topikale relevansie; kognitiewe relevansie; situasionele relevansie; sosio-kognitiewe relevansie; affektiewe relevansie
Gepubliceerd
2012-11-14
Citeerhulp
Bothma, T. J., & Tarp, S. (2012). Lexicography and the Relevance Criterion. Lexikos, 22(1). https://doi.org/10.5788/22-1-999
Sectie
Artikels/Articles