E-dictionary Use under the Spotlight: Students' Use of Pocket Electronic Dictionaries for Writing

  • Atipat Boonmoh Department of Language Studies, School of Liberal Arts, King Mongkut's University of Technology Thonburi, Bangmod, Thailand
Trefwoorden: woordeboekgebruik, elektroniese sakwoordeboek, woordeboekraadpleging, eentalige woordeboek, tweetalige woordeboek, skryfwerk

Samenvatting

E-woordeboekgebruik onder die soeklig: Studente se gebruik van elektroniese sakwoordeboeke vir skryfwerk.In hierdie artikel word verslag gedoen van die gebruik van elektroniese sakwoordeboeke (ESW'e) vir skryfwerk deur aanleerders van Engels by 'n Thaise universiteit. Daar word gepoog om die studie van woordeboekgebruiksgedrag te verryk deur ondersoek in te stel na presies wat gebeur wanneer studente ESW'e gebruik vir skryfwerk deur gebruik te maak van gekombineerde navorsingsmetodes. Die deelnemers aan hierdie studie het 13 studente ingesluit wat gekies is uit 'n groep van 1211 studente wat aan 'n universiteit in Thailand ingeskryf was vir 'n kursus in basiese Engels. Data is versamel deur middel van 'n hardopdinkprotokol, waarneming en retrospektiewe onderhoude as dataversamelingsmetodes. Die eerste agt deelnemers is gevra om  'n gedeelte in Thai te lees.  Hulle is gevra om 'n opsomming in Engels te skryf (die Water I-eksperiment) terwyl hulle woordeboeke in hulle ESW'e gebruik. Die oorblywende vyf deelnemers het dieselfde prosedure gevolg, maar nadat die opsommingstaak afgehandel is, is hulle gevra om hulle opsommings te kontroleer deur die Oxford Advanced Learner's Dictionary en die Engels–Engels-woordeboek in hulle ESW'e te gebruik (die Water II-eksperiment). Die eksperimentele studie het getoon hoe die deelnemers die leesgedeelte aangepak en opsommings geskryf het, watter probleme hulle teëgekom het en watter strategieë hulle gebruik het om hulle probleme op te los. 'n Grafiese voorstelling van die proses van hoe die ESW'e geraadpleeg is, is ook aangebied. Die gebruik van die Engels–Engels-woordeboek in hulle ESW'e het sommige deelnemers gehelp met die kontrolering van hul Engelse opsommings. Daar is bevind dat sommige deelnemers nie 'n (uitgebreide) kennis kon toon van die ESW'e wat hulle gebruik het nie. Die ondersoeke het verskeie faktore blootgelê wat die sukses van naslaan in die woordeboek sou kon belemmer, sowel as faktore wat die sukses van naslaan sou kon bevorder.  
Gepubliceerd
2012-11-14
Citeerhulp
Boonmoh, A. (2012). E-dictionary Use under the Spotlight: Students’ Use of Pocket Electronic Dictionaries for Writing. Lexikos, 22(1). https://doi.org/10.5788/22-1-997
Sectie
Artikels/Articles