What Counts as a Proverb? The Case of <i>NTC's Dictionary of Proverbs and Clichés</i>

  • Is'haaq Akbarian Department of English Language and Literature, Faculty of Humanities, University of Qom, Iran
Trefwoorden: leksikografie, ntc se woordeboek, spreekwoord, spreekwoordelike uitdrukkings, klassifikasieskema, vaste uitdrukkings, idioom, cliché, inskrywing

Samenvatting

Wat word beskou as 'n spreekwoord? Die geval van NTC's Diction­ary of Proverbs and Clichés.'n Spreekwoordeboek behoort sy naam gestand te doen deur die spesifieke, relevante formuleagtige inskrywings op te neem om die gevraagde inlig­ting so vinnig en suksesvol moontlik op te spoor. Die teenstrydigheid tussen wat so 'n woordeboek beweer hy opneem en wat hy inderdaad opneem mag spruit uit die feit dat daar nie aandag gegee word aan die moontlike grense tussen die vaste uitdrukkings, wat as riglyne in die leksikografie beskou kan word, nie. NTC's Dictionary of Proverbs and Clichés (Bertram 1996) is ondersoek as 'n voor­beeld van 'n beskikbare spreekwoordeboek wat besonder nuttig vir niemoedertaalsprekers is. Hier­die ondersoek is gebaseer op die onderskeidings tussen vaste uitdrukkings wat aangebied word in Gramley en Pätzold (1992) en Simpson (1985). Daar is bevind dat (a) die bogenoemde woor­deboek nagelaat het om te onderskei tussen spreekwoorde en ander vaste uit­druk­kings en dat (b) byna 67 persent van die totale aantal inskrywings in die woordeboek spreek­woorde was teen­oor ongeveer 33 persent van die items wat geblyk het nie spreekwoorde was nie. Ten slotte word som­mige implikasies vir die leksikografie sowel as vir navorsing bespreek.
Citeerhulp
Akbarian, I. (1). What Counts as a Proverb? The Case of <i>NTC’s Dictionary of Proverbs and Clichés</i&gt;. Lexikos, 22(1). https://doi.org/10.5788/22-1-994
Sectie
Artikels/Articles