The African Dimension of the <i>Oxford English Dictionary</i>

  • Edmund Simon Christopher Weiner Oxford English Dictionary, England
Trefwoorden: afrikatale, engels, <i>oxford english dictionary</i>, <i>oed additions series</i>, leksikografiese dokumentasie, definisie, etimologie, leenwoorde, meerderwaardige houding, derde uitgawe van die oed, leesprogram, <i>dictionary of south african english on

Samenvatting

<b>Die Afrikadimensie van die </b><i>Oxford English Dictionary</i>Afrikatale het 'n groot aantal woordeskatitems tot Engels bygedra en doen dit steeds, sowel direk as via nie-Afrikatale. Die <i>OED Additions Series</i> bevat 63 woorde van Afrika-herkoms waarvan die meeste gedurende die afgelope paar jaar in Engels opgeneem is. Die tweede uitgawe van <i>OED</i> bevat ongeveer 275 woorde van Afrika-herkoms wat uit 30 tale ontleen is. Hierdie woorde word weens twee faktore enigsins inkonsekwent gehanteer: die onbeskikbaarheid van relevante inligting vir die redakteurs tydens die samestelling van <i>OED</i>1; en 'n meerderwaardige houding, wat veroorsaak het dat inskrywings vir hierdie tipe woorde korter en minder gedetailleerd is, en hul definisies en beskrywings beïnvloed het. In die derde uitgawe van <i>OED</i> behoort alle tipes woorde dieselfde mate van aandag te ontvang, wat impliseer dat dataversameling uit die lees van primêre bronne alle variëteite van Engels in die wêreld moet insluit; beskrywing en definisie moet vanuit 'n neutrale oogpunt onderneem word; en etimologiese navorsing en dokumentasie behoort so volledig te wees as wat prakties moontlik is. Alle items van Afrika-herkoms sal aan taalkundige spesialiste gestuur word (die grootste deel van hierdie werk is in <i>DSAE</i> vir items van Suid-Afrikaanse oorsprong gedoen). Die nagaan van ander etimologieë sal items identifiseer waarvan die Afrika-herkoms nie voorheen aangedui is nie (byvoorbeeld ontlenings aan Brasiliaanse Portugees). In 'n steekproef van die letter M was daar 'n toename in die aantal Afrika-etimologieë en in die akkuraatheid van die hantering. Leenwoorde uit alle tale sal soveel aandag geniet as wat ons hulpbronne toelaat, maar daar mag 'n groter agterstand in die Afrika-deel van die woordeskat wees wat uitgewis moet word. <b>Sleutelwoorde:</b> afrikatale, engels, <i>oxford english dictionary</i>, <i>oed additions series</i>, leksikografiese dokumentasie, definisie, etimologie, leenwoorde, meerderwaardige houding, derde uitgawe van die oed, leesprogram, <i>dictionary of south african english on historical principles</i> 
Gepubliceerd
2012-11-02
Citeerhulp
Weiner, E. S. C. (2012). The African Dimension of the <i>Oxford English Dictionary</i&gt;. Lexikos, 7(1). https://doi.org/10.5788/7-1-984
Sectie
Lexikovaria/Lexicovaria