On the Development of Scientific Terminology in African Languages: The Terminographer's Dilemma in a New Dispensation
Trefwoorden:
terminologie, afrikatale, taalhoudings, onderrigmedium, taalonderrig, taalbewustheid, taalbeplanning, taalbeleid, veeltaligheid, nasiebou, konstitusionele regte, harmonisering, standaardtaal, standaardsotho, standaardnguni, taalrade, taalakademies, etnisi
Samenvatting
<b>Oor die ontwikkeling van wetenskaplike terminologie in Afrikatale: die terminograaf se dilemma onder 'n nuwe bedeling</b>Daar bestaan tans 'n merkbare spanning in Suid-Afrika tussen die politieke strewe na een homogene en ongedifferensieerde nasie enersyds, en die outonomie waarop elke taal konstitusioneel in die praktyk geregtig is andersyds. Die daadwerklike uitbouing van individuele tale en die doelgerigte kweek van 'n taaltrots aksentueer noodwendig rasse en etniese verskille, wat direk in stryd is met die ideaal van nasiebou. Gevolglik word tale in die praktyk op subtiele wyse vele konstitusioneel erkende regte ontsê wat veral die Afrikatale se ontwikkeling tot volwaardige tegniese en akademiese tale nadelig beïnvloed. Die vraag ontstaan dus of dit in so 'n klimaat vir die terminograaf sin maak om wetenskaplike en tegniese terme vir die Afrikatale te ontwikkel, terwyl alles in hierdie stadium daarop dui dat sodanige terme selde, indien ooit, deur vakspesialiste gebruik gaan word. <b>Sleutelwoorde:</b> terminologie, afrikatale, taalhoudings, onderrigmedium, taalonderrig, taalbewustheid, taalbeplanning, taalbeleid, veeltaligheid, nasiebou, konstitusionele regte, harmonisering, standaardtaal, standaardsotho, standaardnguni, taalrade, taalakademies, etnisiteit, enkelmediumskole, radiodienste
Gepubliceerd
2012-11-02
Citeerhulp
Louwrens, L. J. (2012). On the Development of Scientific Terminology in African Languages: The Terminographer’s Dilemma in a New Dispensation. Lexikos, 7(1). https://doi.org/10.5788/7-1-983
Nummer
Sectie
Lexikovaria/Lexicovaria
Outeursreg op alle materiaal wat in Lexikos gepubliseer is, berus by die Direksie van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Dit staan skrywers egter vry om hulle materiaal elders te gebruik mits Lexikos (AFRILEX-reeks) erken word as die oorspronklike publikasiebron.