Legal Terminology in African Languages

  • Mariëtta Alberts National Terminology Services, Pretoria, South Africa
Trefwoorden: regsterminologie, sosiolinguistiese faktore, terminologie-ontwikkeling, afrikatale, inheemse tale, meertaligheid / multilingualisme / veeltaligheid, vakgebiede, terminologie, vertaling, tolking, strafreg, strafprosesreg, term / vakwoord

Samenvatting

 <b>Regsterminologie in Afrikatale</b>Hierdie artikel handel oor die projek oor regsterminologie in die Afrikatale. Dit fokus op terminologiese aspekte wat verband hou met die skepping van terme vir die regsprofessie. Terminologie-ontwikkeling in Suid-Afrika is deur 'n aantal sosiolinguistiese faktore belemmer. Suid-Afrika het die afgelope jare drastiese veranderinge beleef ten opsigte van die funksie van die inheemse tale, en hierdie situasie het aanleiding gegee tot 'n dringende behoefte aan terminologie op verskeie vakgebiede en kennisterreine. 'n Behoefte aan regsterminologie het in die Afrikatale ontstaan. Hierdie behoefte het tot die stigting van die Sentrum vir Regsterminologie in Afrikatale gelei. Die doel van die Sentrum is om regsterminologie meer toeganklik vir die plaaslike inheemse bevolking te maak. Die agtergrond van die regsterminologieprojek word verskaf en die verskillende beginsels waarop die werkswyse gebaseer is, word bespreek. Verskeie aspekte in verband met die huidige projek (soos finansiering, tydsbepaling, opleiding en terminologiese probleme wat ervaar is) word behandel.
Gepubliceerd
2012-11-02
Citeerhulp
Alberts, M. (2012). Legal Terminology in African Languages. Lexikos, 7(1). https://doi.org/10.5788/7-1-979
Sectie
Projekte/Projects