'n Kontrastiewe beskouing van tweetalige woordeboeke in Suid-Afrika en Japan

  • Takashi Sakurai Departement Japannees, Meikai Universiteit, Chiba, Japan
  • Ernst F. Kotzé Departement Afrikaans en Nederlands, Universiteit van Port Elizabeth, Suid-Afrika
Trefwoorden: aanleerderswoordeboek, aanstootlike leksikale items, afrikaans, etikettering, fonetiese transkripsie, japannees, makrostruktuur, mikrostruktuur, oorganklikheid, ostensiewe woordeboek, transkulturalisasie, tweetalige woordeboek, vertaalekwivalent, voorbeel

Samenvatting

Sowel tweetalige woordeboeke wat Afrikaans en Afrikatale kombineer as dié wat Japannees en Westerse tale kombineer, hanteer tale wat geen onderlinge taalkundige verwantskap het nie. In hierdie opsig het leksikograwe van Japan en Suid-Afrika 'n vrugbare samewerkingsterrein. By die verwerking van die <i>Afrikaans/Zoeloe-woordeboek</i> van Kotzé en Wela tot 'n Afrikaans-Japannese woordeboek het groot verskille tussen die tweetalige woordeboeke in Suid-Afrika en dié in Japan na vore gekom. Mikrostrukturele verskille sluit in die gebruik van fonetiese transkripsies, die aanduiding van die onderskeid tussen oorganklike en onoorganklike werkwoorde, die volgorde van voorbeeldsinne en die gebruik van bepaalde simbole as hulpmiddels. Deur die hantering van aanstootlike leksikale items en die grootte van die woordeboeke word die verskil in sosiale agtergrond gereflekteer. Hierdie verskille moes by die verwerking verdiskonteer word. Die heropstelling van bestaande woordeboeke is 'n aanvaarde metode waarvolgens die leksikografie in Japan bedryf word, en daar is 'n aantal voorbeelde daarvan uit die geskiedenis. Dit beteken egter nie 'n eenvoudige vervanging van die teikentaal nie, maar die hervorming van die woordeboekstruktuur en die aanpassing daarvan by die gebruikers (in hierdie geval Japanneessprekendes). Tweetalige woordeboeke in Suid-Afrika wat tipologies by die Japannees-Afrikaanse woordeboek aansluit (m.a.w. deur die bewerking van genealogies onverwante tale) sou kon baat by die vergelyking wat in hierdie artikel getref word.<b>Sleutelwoorde:</b> aanleerderswoordeboek, aanstootlike leksikale items, afrikaans, etikettering, fonetiese transkripsie, japannees, makrostruktuur, mikrostruktuur, oorganklikheid, ostensiewe woordeboek, transkulturalisasie, tweetalige woordeboek, vertaalekwivalent, voorbeeldsinne 
Gepubliceerd
2012-11-02
Citeerhulp
Sakurai, T., & Kotzé, E. F. (2012). ’n Kontrastiewe beskouing van tweetalige woordeboeke in Suid-Afrika en Japan. Lexikos, 7(1). https://doi.org/10.5788/7-1-978
Sectie
Beskouende artikels / Contemplative Articles