<i>Kind, Considerate, Thoughtful</i>: A Semantic Analysis

  • Catherine Travis Department of Linguistics, La Trobe University, Victoria, Australia
Trefwoorden: <i>kind, considerate, thoughtful, </i> semantiek, leksikografie, natuurlike semantiese metataal, definisies, karaktereienskappe, persoonlikheid, woordeboek, wierzbicka, sirkelbeskrywing, kruiskulturele studies

Samenvatting

<i>Kind, considerate, thoughtful</i>: 'n Semantiese analiseIn hierdie artikel word 'n semantiese analise aangebied van drie Engelse woorde wat positiewe karaktertrekke te kenne gee, naamlik <i>kind</i>, <i>considerate</i> en <i>thoughtful</i>. Hierdie drie woorde is nou verwant, en die verskille (en ooreenkomste) in hul betekenisse kan moeilik uitgewys word. Daar sal aangetoon word dat moderne woordeboeke 'n groot mate van sirkelbeskrywing in hul definisies van hierdie woorde bevat, wat die noue verband in hulle betekenisse weerspieël. 'n Ontleding van gebruiksvoorbeelde lewer bewyse op grond waarvan hulle verskille verstaan kan word. Sommige van die verskille wat uitgewys sal word, is die volgende: <i>kind</i> en <i>thoughtful</i> hou noodsaaklikerwyse in om iets vir iemand anders te doen, terwyl dit nie die geval met <i>considerate</i> is nie; <i>kind</i> hou in om enigiemand nie sleg te wil laat voel nie, <i>considerate</i> hou in om iemand nie sleg te wil laat voel as gevolg van 'n mens se optrede nie, en <i>thoughtful</i> fokus op 'n spesifieke situasie waarin iemand anders is, en om hom/haar nie te laat sleg voel in daardie situasie nie; <i>kind</i> hou in dat iets tot iemand anders se voordeel gedoen wil word, terwyl <i>considerate</i> inhou dat iets vermy wil word wat ander kan benadeel; en beide <i>considerate</i> en <i>thoughtful</i> impliseer 'n mate van inagneming van 'n ander voor 'n mens optree, soos weerspieël in hul morfologie. Die Natuurlike Semantiese Metataal-benadering, soos ontwikkel deur Wierzbicka (1972, 1980, 1996) en kollegas, word benut om definisies vir hierdie woorde voor te stel, met die doel om hul betekenisse volledig vas te lê, en om hul gebruiksgebied duidelik af te baken. Sulke definisies kan veral waardevol wees vir tweedetaalaanleerders, en kan as basis dien vir kruislinguistiese, en kruiskulturele, vergelykings van verwante begrippe.
Gepubliceerd
2012-09-20
Citeerhulp
Travis, C. (2012). <i>Kind, Considerate, Thoughtful</i&gt;: A Semantic Analysis. Lexikos, 7(1). https://doi.org/10.5788/7-1-976
Sectie
Navorsingsartikels / Research Articles