Language Learner's Use of a Bilingual Dictionary: A Comparative Study of Dictionary Use and Needs

  • James Salehe Mdee Institute of Kiswahili Research, University of Dar es Salaam, Tanzania
Trefwoorden: tweerigting- tweetalige woordeboek, kommunikatiewe behoeftes, woordeboekbehoeftes, woordeboekgebruiksvaardighede, woordeboekgebruik, woordeboekgebruiker, woordeboekmaker, gebruikersvriendelike inligtingskategorieë

Samenvatting

<b>Die gebruik van 'n tweetalige woordeboek deur taalaanleerders: 'n Vergelykende studie van woordeboekgebruik en -behoeftes</b>Hierdie artikel vergelyk en kontrasteer woordeboekgebruik en -behoeftes van taalaanleerders by die Universiteit van York in die Verenigde Koninkryk en by die Universiteit van Dar-es-Salaam in Tanzanië. Vyf aspekte word in hierdie studie bespreek, nl. die woordeboeke wat gebruik word, instruksies en riglyne vir woordeboekgebruik, die funksies waarvoor studente 'n woordeboek gebruik, inligtingskategorieë wat verlang word of ontbreek, die metataal in die woordeboeke en hoe dit benut word om die inligtingskategorieë te verduidelik. Hierdie vyf aspekte word bespreek met betrekking tot die waarnemings gemaak deur die studente soos weerspieël in die data wat versamel is. Uit die data-analise word sekere veralgemenings gemaak oor hoe die taalstudente van die twee universiteite hul woordeboeke gebruik en wat die leksikografiese behoeftes van die taalaanleerders in die algemeen en van elke groep in die besonder is.Daar word tot die gevolgtrekking gekom dat taalaanleerders nie dieselfde inligting in 'n woordeboek naslaan nie aangesien elkeen spesifieke taalprobleme het.  
Gepubliceerd
2012-09-20
Citeerhulp
Mdee, J. S. (2012). Language Learner’s Use of a Bilingual Dictionary: A Comparative Study of Dictionary Use and Needs. Lexikos, 7(1). https://doi.org/10.5788/7-1-974
Sectie
Navorsingsartikels / Research Articles