Collocability in Languages for Special Purposes (LSPs): Some Preliminaries

  • Francis E. Knowles Department of Languages and European Studies, Aston University, Birmingham, Great Britain

Samenvatting

<b>Kollokeerbaarheid in tale vir spesiale doeleindes (TSD's): 'n Aantal inleidende aspekte</b>Hierdie artikel handel oor die taal wat professionele gespreksgemeenskappe gebruik vir interne kommunikasie. Die kenmerke van hierdie tale vir spesiale doeleindes (TSD's) is baie en veelsoortig, en word ook onvoldoende nagevors. Die fokus wat hier gekies is, is om die verskynsel van meerwoordige eenhede te ondersoek, baie waarvan ortografiese meervoudighede is wat konseptuele enkelvoudighede benoem. Dit is belangrik om van die begin af te besef dat kolokasie nie dieselfde as kollokasie is nie. Analise en sistematisering van hierdie tekstuele "klusterings" is bedoel om hulle in twee algeheel verskillende tipes entiteite te verdeel: meerwoordige segmente wat terminologiese status besit; en kollokatiewe materiaal. Die metodes gebruik om bogenoemde doel te bereik is sowel kwalitatief, d.w.s. analise van mikro-omgewings, en kwantitatief, d.w.s. statistiese patroonvorming wat 'n sekere vlak van frekwensie en konstantheid vertoon. Kollokasionele materiaal wat hier aangehaal is, wys ook deur die konfigurasie daarvan dat gespreksgemeenskappe kollokasies gebruik waaraan die groot publiek nie gewoond is nie en waarmee hulle glad nie noodwendig bekend mag wees nie. <b>Sleutelwoorde:</b> segmentering; medeaanwesigheid; kognitiewe entiteit; kollokeerbaarheid; konsep; korpusse; gespreksgemeenskap; verspreiding; diade; ensiklopediese taalvermoë; taal vir spesiale doeleindes; leksikografie; mentale leksikon; meerwoordige eenheid; voorkoms; sosiolek; statistieke; terminologie; term; triade 
Gepubliceerd
2012-09-20
Citeerhulp
Knowles, F. E. (2012). Collocability in Languages for Special Purposes (LSPs): Some Preliminaries. Lexikos, 7(1). https://doi.org/10.5788/7-1-973
Sectie
Navorsingsartikels / Research Articles