A Study in the Lexicographical Treatment of Arabic Synonyms

  • Mohamed Helmy Heliel Department of English, Kuwait University, Kuwait
Trefwoorden: soekwoordseleksie, afleidings, soekwoordrangskikking, kontekstualisering, kollokasies, figuurlike gebruik, ekwivalensie, polisemie, register, styl

Samenvatting

<b>'n Studie van die leksikografiese hantering van Arabiese sinonieme</b>Drie woordeboeke van Arabiese sinonieme is onlangs gepubliseer met die doel om Arabiese aanleerders, skrywers en vertalers te help. Hoewel Klassieke Arabies homself op die gebied van sinonieme onderskei, is daar geen betroubare woordeboeke op hierdie gebied in Moderne Standaard-Arabies nie. Daarom is dit belangrik om hierdie drie woordeboeke te analiseer, hulle leemtes te identifiseer en oplossings aan die hand te doen om sodoende 'n stewige basis te lê vir 'n gebruikersvriendelike woordeboek van Arabiese sinonieme. Hierdie artikel handel oor sekere leksikografiese kenmerke wat nou verwant is aan sinonimiteit, d.w.s. betreffende korpus: seleksie van soekwoorde en afleidings, rangskikking van soekwoorde, kontekstualisering, kollokasies, figuurlike gebruik, ekwivalensie, polisemie, register en styl. 
Gepubliceerd
2012-09-20
Citeerhulp
Heliel, M. H. (2012). A Study in the Lexicographical Treatment of Arabic Synonyms. Lexikos, 7(1). https://doi.org/10.5788/7-1-972
Sectie
Navorsingsartikels / Research Articles