The Microstructural Treatment of Sublexical Lemmas in Afrikaans Descriptive Dictionaries

  • Ilse Feinauer Department of Afrikaans and Dutch, University of Stellenbosch, Stellenbosch, South Africa
Trefwoorden: affikse, definiens, etikette, etimologie, homonimie, leksikale kategorieë, leksikale lemma, leksikografie, makrostruktuur, mikrostruktuur, polisemie, sinonimie, sitate, stamme, subleksikale lemma, teenstelling, tegnostam, uitspraak, verklarende woordeboek

Samenvatting

<b>Die mikrostrukturele hantering van subleksikale lemmas in verklarende woordeboeke van Afrikaans</b>Argumente in die metaleksikografiese literatuur oor die status van subwoordelike en meerwoordelike leksikale items het aanleiding gegee tot 'n meer omvattende lemmatiese hantering van hierdie leksikale items in die jongste uitgawes van verklarende woordeboeke van Afrikaans, soos <i>Woordeboek van die Afrikaanse Taal</i> Deel IX (WAT), <i>Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal</i> (HAT), <i>Nasionale Woordeboek</i> (NW), <i>Verklarende Afrikaanse Woordeboek</i> (VA), en <i>Basiswoordeboek van Afrikaans</i> (BA). Hierdie artikel wil vasstel of subleksikale lemmas mikrostruktureel dieselfde as woordlemmas gehanteer word, en of leksikograwe steeds op die een of ander manier tussen hierdie verskillende tipes lemmas onderskei. Indien verskille bestaan in die hantering van die onderskeie tipes lemmas, bevoordeel leksikograwe van Afrikaans steeds die woord: alhoewel subwoordelike leksikale items makrostruktureel soms wel dieselfde as leksikale items gehanteer word deurdat hulle ook lemmastatus het, word hulle nogtans mikrostruktureel onderskei. In WAT IX en HAT byvoorbeeld, word subleksikale lemmas op byna dieselfde manier gehanteer as woordlemmas deurdat hul uitspraak konsekwent verskaf word. Daarenteen word grammatikale inligting vir subleksikale lemmas in die meeste van die genoemde woordeboeke as deel van die definiens aangetref. Afgesien van BA, illustreer geen woordeboek van Afrikaans die kontekstuele gebruik van subleksikale lemmas deur middel van voorbeelde of sitate nie; slegs hulle vormingsprodukte word verskaf. Meer etikette, en selfs etimologiese inligting, behoort ook meer dikwels as deel van die mikrostruktuur van subleksikale lemmas voorsien te word.Op grond van die voorafgaande kan reeds gesê word dat die leksikograwe van Afrikaans nie naastenby genoeg gedoen het om tekens van woordvoorkeur in verklarende woordeboeke te verwyder nie. Benewens die makrostrukturele hantering van subwoordelike leksikale items op 'n soortgelyke manier as lemmas, behoort hierdie lemmas, waar moontlik, op 'n mikrostukturele vlak op presies dieselfde wyse as leksikale lemmas behandel te word.<b>Sleutelwoorde:</b> affikse; definiens; etikette; etimologie; homonimie; leksikale kategorieë; leksikale lemma; leksikografie; makrostruktuur; mikrostruktuur; polisemie; sinonimie; sitate; stamme; subleksikale lemma; teenstelling; tegnostam; uitspraak; verklarende woordeboek van afrikaans; voorbeeldmateriaal; woordvoorkeur 
Gepubliceerd
2012-09-20
Citeerhulp
Feinauer, I. (2012). The Microstructural Treatment of Sublexical Lemmas in Afrikaans Descriptive Dictionaries. Lexikos, 7(1). https://doi.org/10.5788/7-1-970
Sectie
Navorsingsartikels / Research Articles