Issues in the Planning of a Multilingual Explanatory Dictionary of Chemistry for South African Students

  • Adelia Carstens Department of Afrikaans, University of Pretoria, Pretoria, South Africa
Trefwoorden: chemie, meertalige woordeboek, pedagogiese woordeboek, terminografie, vakwoordeboek, verklarende woordeboek, vertalende woordeboek, wetenskap en tegnologie

Samenvatting

<b>Aspekte van die beplanning van 'n meertalige verklarende Chemiewoordeboek vir Suid-Afrikaanse studente</b>Opmerkings oor die leksikografiese hantering van metavorme. Die ontwikkeling van menslike potensiaal en die aktiewe bevordering van wetenskap en tegnologie ressorteer onder die belangrikste prioriteite van die huidige Suid-Afrikaanse regering. Betekenisvolle vooruitgang op hierdie terreine kan egter slegs gemaak word indien relevante onderrig en opleiding tydig voorsien word. Ondersoeke deur sowel oorsese as plaaslike navorsers het getoon dat moedertaalonderrig een van die maniere is waarop groter sukses met leeraktiwiteite behaal kan word. Aangesien moedertaalonderrig op sekondêre en tersiêre vlak tans nie vir sprekers van die Afrikatale beskikbaar is nie, moet kompromie-oplossings aangebied word, byvoorbeeld die voorsiening van meertalige, verklarende vakwoordeboeke. Deur linguistiese en vakkundige inligting in Engels, Afrikaans en sommige van die Afrikatale aan te bied, word toegang tot die konsepte van die betrokke vakkundige terrein verleen deur middel van sowel die breër kommunikasietale as die student se moedertaal. Hoewel daar vele probleme en slaggate op die leksikograwe en vakkundiges wag wat so 'n projek aanpak, het die werk wat reeds in verband met 'n meertalige verklarende Chemiewoordeboek gedoen is, getoon dat hierdie ideaal tog haalbaar is. Die samestellers is daarvan oortuig dat die suksesvolle afhandeling van die projek, asook gunstige resultate, die hipoteses sal verifieer wat as vertrekpunte vir die studie gedien het. 
Gepubliceerd
2012-09-20
Citeerhulp
Carstens, A. (2012). Issues in the Planning of a Multilingual Explanatory Dictionary of Chemistry for South African Students. Lexikos, 7(1). https://doi.org/10.5788/7-1-969
Sectie
Navorsingsartikels / Research Articles