Paradigmaverskuiwings en die Afrikaanse mediese vaktaal

  • H.P. Wassermann Voormalige Dekaan, Fakulteit Geneeskunde, Universiteit van Stellenbosch, Suid-Afrika
Trefwoorden: mediese woordeboek, paramedies, paradigmaverskuiwings, historiese perspektief, toekomsperspektief, enigmatiese titel, teikengroepe, konstruksie, voorwoord, voorskriftelike definisies, spelwyse, kollegiale kommunikasie, kommunale kommunikasie, transaksione

Samenvatting

Die <i>Paramediese Woordeboek</i>, die eerste Afrikaanse mediese woordeboek om in 'n era van internasionale paradigmaverskuiwings in geneeskunde te verskyn, word teen daardie agtergrond beskou. 'n Historiese perspektief op die invloed van sulke verskuiwings en hul oogmerke word gegee, met klem op interkollegiale, kommunale en transaksionele kommunikasie. Die enigma van die titel gaan oor die bedoelde teikengroep, en 'n vermoedelik afsonderlike tegniese terminologie. Die voorwoord, met sy aanspraak op eenvoudige definisies, en beweerde probleme met die internasionaal erkende Afrikaanse mediese taal word bespreek. Konstruksionele gebruikersonvriendelike aspekte en foutiewe definisies word aangetoon, met 'n opmerking oor die Afrikaanse spelwyse. Ten spyte van sy titel is dit hoofsaaklik 'n skoolwoordeboek. 'n Perspektief op die toekoms van mediese woordeboeke word gegee; paradigmaverskuiwings het waarskynlik minder terminologiese as strategiese implikasies. Laasgenoemde betrek die bereiking van, en voorsiening in die behoeftes van agtergeblewe teikengroepe ten einde toegang te verkry tot 'n hoogs gespesialiseerde interkollegiale tegniese taal.Die behoefte aan bywerking van die bestaande standaard Afrikaanse verklarende woordeboek word beklemtoon; uit so 'n hersiene uitgawe kan gebruiker-gedefinieerde verklarende woordelyste ekstraheer word deur 'n paneel vakmanne uit die bedoelde teikengroep. 'n Uitdagende taak wag op Afrikaanse mediese woordeboeke.<b>Sleutelwoorde:</b> mediese woordeboek; paramedies; paradigmaverskuiwings; historiese perspektief; toekomsperspektief; enigmatiese titel; teikengroepe; konstruksie; voorwoord; voorskriftelike definisies; spelwyse; kollegiale kommunikasie; kommunale kommunikasie; transaksionele kommunikasie; veeltalige woordeboek 
Gepubliceerd
2012-09-13
Citeerhulp
Wassermann, H. (2012). Paradigmaverskuiwings en die Afrikaanse mediese vaktaal. Lexikos, 8(1). https://doi.org/10.5788/8-1-960
Sectie
Resensieartikels/Review Articles