Report on the SALEX '97 Lexicographical Training Course, Grahamstown, 15-27 September 1997

  • Penny Silva Dictionary Unit for South African English, Grahamstown, South Africa
Trefwoorden: suid-afrika, leksikografie, opleiding, salex, korpus, afrikatale, taalonafhanklik, projekbeplanning, woordeboeksamestelling

Samenvatting

<b>Verslag oor die SALEX '97 leksikografiese opleidingskursus, Grahamstad, 15-27 September 1997</b>In hierdie verslag word die agtergrond waarteen die SALEX '97 leksikografiese opleidingskursus plaasgevind het, geskets en daar word redes aangevoer vir die ontstaan daarvan. Die beperkings waarbinne die kursus ontwerp moes word, word beskryf en die praktiese en teoretiese doelwitte van die kursus word gelys. Die finansiering van die kursus, die verskeidenheid kursusgangers, die uiteensetting van die werksdag en die kursusmateriaal wat aan die kursusgangers verskaf is, word uiteengesit. Hierdie verslag eindig met aanhalings uit kursusgangers se evaluerings van die kursus, asook met 'n verwysing na die tweede beplande kursus, SALEX '98. Die eenvoudige aanvanklike raamwerk waarop die kursus gebaseer is, word as 'n Bylae weergegee. 
Gepubliceerd
2012-09-13
Citeerhulp
Silva, P. (2012). Report on the SALEX ’97 Lexicographical Training Course, Grahamstown, 15-27 September 1997. Lexikos, 8(1). https://doi.org/10.5788/8-1-959
Sectie
Verslae / Reports