The Structure of an Afrikaans Collocation and Phrase Dictionary

  • Anna Nel Otto Department of Afrikaans, Vista University, Port Elizabeth, South Africa
Trefwoorden: leksikografie, kollokasiewoordeboek, leksikale kollokasies, grammatiese kollokasies, oorgangskollokasies, idiome, vrye kombinasie, prototipe, seleksiebeperkings, basis, kollokator

Samenvatting

<b>Die struktuur van 'n Afrikaanse kollokasie- en frasewoordeboek</b>In hierdie artikel word 'n Afrikaanse kollokasie- en frasewoordeboek vir sowel moedertaalsprekers (primêre teikengroep) as gevorderde aanleerders (sekondêre teikengroep) beskryf. Die plek wat so 'n woordeboek inneem naas ander woordeboektipes word uitgewys. 'n Motivering word ook gegee vir die insluiting van idiome en ander vaste uitdrukkings in die voorgestelde woordeboek. Die drie hoofbenaderings met betrekking tot die interpretasie van die term kollokasie word ondersoek, d.i. die teks-georiënteerde benadering van Halliday en Hasan (1976), die statisties-georiënteerde benadering van Sinclair (Collins Cobuild) en die betekenis-georiënteerde benadering van Hausmann (1984). Die voor- en nadele van hierdie benaderings word oorweeg. Die argumente in dié artikel gee voorkeur aan Benson et al. (1986) se toepassing van die betekenis-georiënteerde benadering. Statistiese gegewens sou gebruik kon word om die gebruiksfrekwensies van kollokasies en frases te ondersoek. Drie tipes woorde en hul hantering in die woordeboek word bespreek: dié wat met 'n baie wye reeks woorde kan verbind, dié waarvan die seleksie beperk word deur algemene semantiese kenmerke en dié wat slegs met sekere ander woorde kan verbind. Daar word geargumenteer dat net laasgenoemde twee tipes in dié woordeboek opgeneem word. Aangesien een van die teikengroepe ongesofistikeerde aanleerders met 'n beperkte grammatiese kennis is, is die ideaal dat leksikale kollokasies sowel by hul basisse as by die kollokators opgeneem word. Om ruimte te bespaar, kan meer inligting soos voorbeelde dan slegs by die basisse verskaf word. Grammatiese kollokasies behoort by die basisse, d.i. selfstandige naamwoorde, werkwoorde en adjektiewe, opgeneem te word. Die verdeling van die woordeboekartikels in twee komponente om in die behoeftes van al twee die bedoelde teikengroepe te voorsien, word bespreek.
Gepubliceerd
2012-09-12
Citeerhulp
Otto, A. N. (2012). The Structure of an Afrikaans Collocation and Phrase Dictionary. Lexikos, 8(1). https://doi.org/10.5788/8-1-953
Sectie
Beskouende artikels / Contemplative Articles