Synonymy in the Translation Equivalent Paradigms of a Standard Translation Dictionary

  • Phillip Adriaan Louw Department of Afrikaans and Dutch, University of Stellenbosch, South Africa
Trefwoorden: absolute sinonimie, betekenisonderskeidings, doeltaalsinonieme, doeltaalsinoniemparadigma, ekwivalentdiskriminasie, gebruike van die lemma, gedeeltelike sinonimie, konteksleiding, leksikografiese etikette, polisemie, standaard vertalende woordeboek, sinon

Samenvatting

<b>Sinonimie in die vertaalekwivalentparadigmas van 'n standaard vertalende woordeboek</b>Die norm in die huidige kanonieke vertalende woordeboeke met Afrikaans en Engels as die behandelde taalpaar is 'n ongediskrimineerde lysting van gedeeltelik sinonieme vertaalekwivalente. Hulle word deur kommas as die enigste merkers van sinonimiteit geskei. Leksikograwe behoort hierdie praktyk te verwerp en die siening te aanvaar dat absolute sinonieme net so skaars is as absolute ekwivalente. In die meeste gevalle sal lede van 'n doeltaalsinoniemparadigma gedeeltelike sinonieme wees wat die een of ander konteksleiding benodig om hulle van die ander lede van die paradigma te onderskei.Hierdie artikel sal op die motivering vir die aanduiding van gedeeltelike doeltaalsinonimie fokus. Twee spesifieke motiverings sal bespreek word asook wyses waarop ekwivalentdiskriminasie geïmplementeer kan word.Die eerste motivering is die gevolg van 'n groep problematiese verskynsels wat kontekstuele divergensie tussen die bron- en doeltaal veroorsaak. Stilistiese en registerdivergensie behoort konteksleiding te noodsaak. Leksikografiese etikette is die diskriminators wat die frekwentste gebruik word, maar in Suid-Afrikaanse woordeboeke word hulle te min en te inkonsekwent aangewend. Ander moontlike diskriminators sal ook bespreek word.Die mees problematiese motivering vir die aanduiding van gedeeltelike sinonimie is egter verskillende vertaalekwivalente vir verskillende gebruike van 'n lemma. Wyses waarop ekwivalentdiskriminasie by hierdie gevalle geïmplementeer kan word, sal in detail bespreek word.Laastens sal aangetoon word dat geen van die groot veranderings wat bepleit word, vrugte sal dra sonder 'n nuwe, meer effektiewe metode om sinonieme te merk en te orden nie.<b>Sleutelwoorde:</b> absolute sinonimie; betekenisonderskeidings; doeltaalsinonieme; doeltaalsinoniemparadigma; ekwivalentdiskriminasie; gebruike van die lemma; gedeeltelike sinonimie; konteksleiding; leksikografiese etikette; polisemie; standaard vertalende woordeboek; sinonimie; vertaalekwivalentparadigma 
Gepubliceerd
2012-09-12
Citeerhulp
Louw, P. A. (2012). Synonymy in the Translation Equivalent Paradigms of a Standard Translation Dictionary. Lexikos, 8(1). https://doi.org/10.5788/8-1-952
Sectie
Beskouende artikels / Contemplative Articles