Using the Predictability Criterion for Selecting Extended Verbs for Shona Dictionaries

  • Emmanuel Chabata ALLEX Project, Department of African Languages and Literature, University of Zimbabwe, Harare, Zimbabwe
Trefwoorden: definisie, afleidingsmorfeem, woordeboek, woordeboekinskrywing, lekseem, leksikografie, morfologie, voorspelbaarheidskriterium, semantiek, shona, werkwoordstam, werkwoordelike uitbreiding

Samenvatting

<b>Die gebruik van die voorspelbaarheidskriterium om uitgebreide werkwoorde te selekteer vir Shonawoordeboeke</b>Hierdie artikel ondersoek die "voorspelbaarheidskriterium", 'n klassifikasiehulpmiddel wat gebruik word om geaffigeerde woordvorme te selekteer as woordeboekinskrywings. Dit fokus op die kriterium soos dit gebruik is deur die African Language Lexical (ALLEX) Project vir die selektering van uitgebreide werkwoorde as lemmas in die Projek se eerste eentalige Shonawoordeboek <i>Duramazwi ReChiShona</i>. In hierdie artikel word die status van Shona se werkwoordelike uitbreidings ondersoek in terme van hul semantiese opname in die werkwoordstamme waarmee hulle verbind is. Die artikel is oorspronklik gemotiveer deur twee waarnemings: (a) dat voorspelbaarheid 'n graadkwessie is; en (b) dat die neiging bestaan het om die voorspelbaarheidskriterium in die seleksie van uitgebreide werkwoorde en betekenisse vir die <i>Duramazwi ReChiShona</i> inkonsekwent toe te pas. 'n Ontleding van 412 produktief uitgebreide werkwoorde wat as lemmas in <i>Duramazwi ReChiShona</i> opgeneem is, toon dat werkwoordelike uitbreidings sowel voorspelbare as onvoorspelbare betekenisse kan toevoeg tot die werkwoordstamme waarmee hulle verbind is. Die artikel bewys dat dit vir die effektiewe gebruik van die voorspelbaarheidskriterium vir die seleksie van uitgebreide werkwoorde vir Shonawoordeboeke vir die leksikograaf noodsaaklik is om 'n grondige insig te hê in die tipes semantiese verskuiwings wat veroorsaak word deur die uitbreiding van werkwoordstamme. Dit toon die noodsaaklikheid om werkwoordelike uitbreidings in Shona te beskou as afleidingsmorfeme en nie as fleksiemorfeme soos sommige vroeëre vakkundiges besluit het nie. 

Biografie auteur

Emmanuel Chabata, ALLEX Project, Department of African Languages and Literature, University of Zimbabwe, Harare, Zimbabwe
ALLEX Project, Department of African Languages and Literature, University of Zimbabwe, Harare, Zimbabwe
Gepubliceerd
2012-09-12
Citeerhulp
Chabata, E. (2012). Using the Predictability Criterion for Selecting Extended Verbs for Shona Dictionaries. Lexikos, 8(1). https://doi.org/10.5788/8-1-950
Sectie
Beskouende artikels / Contemplative Articles