Lexicography, Terminography and Copyright
Trefwoorden:
outeursreg (kopiereg), kopiereg (outeursreg), outeursregskending, outeursregkwessie (outeursregvraagstuk), outeursregwet, outeursregbare produk, outeursberegte produk, databasisbergstelsel, aanduider, ekonomiese reg, elektroniese kommunikasienetwerk, bill
Samenvatting
<b>Leksikografie, terminografie en outeursreg</b>In hierdie artikel word gefokus op outeursregkwessies met spesifieke verwysing na die leksikografie en terminografie. Leksikograwe en terminograwe bevind hulle in 'n vreemde situasie deurdat hulle sowel skeppers van outeursregbare produkte is as gebruikers van outeursberegte produkte. 'n Inventaris word opgestel van toegevalle regte, die aard van woordeboeke as onderworpe aan outeursreg, nasionale wette en internasionale konvensies, terminografiese en leksikografiese praktyk, die outeursregstatus van woordeboekelemente, asook van slaggate rakende outeursregskending ten einde riglyne vir die regsposisie van die samestelling en publikasie van woordeboeke voor te stel. Elektroniese publikasies en verspreiding op die Internet word oorweeg en bespreek, en ten slotte word kontraktuele ooreenkomste wat wedersydse regte beskerm, geopper.<b>Sleutelwoorde:</b> outeursreg (kopiereg); kopiereg (outeursreg); outeursregskending; outeursregkwessie (outeursregvraagstuk); outeursregwet; outeursregbare produk; outeursberegte produk; databasisbergstelsel; aanduider; ekonomiese reg; elektroniese kommunikasienetwerk; billike gebruik; skending; intellektuele eiendom; intellektuele eiendomsreg; leksikograaf; leksikografie; makrostruktuur; mikrostruktuur; morele reg; tasbare medium; terminograaf; terminografie; terminoloog; terminologie
Gepubliceerd
2012-09-12
Citeerhulp
Alberts, M., & Jooste, M. (2012). Lexicography, Terminography and Copyright. Lexikos, 8(1). https://doi.org/10.5788/8-1-949
Nummer
Sectie
Beskouende artikels / Contemplative Articles
Outeursreg op alle materiaal wat in Lexikos gepubliseer is, berus by die Direksie van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Dit staan skrywers egter vry om hulle materiaal elders te gebruik mits Lexikos (AFRILEX-reeks) erken word as die oorspronklike publikasiebron.