A Multilingual, Multicultural and Explanatory Music Education Dictionary for South Africa --- Using Wiegand's Metalexicography to Establish its Purposes, Functions and Nature

  • Maria Smit Department of Music, University of Stellenbosch, South Africa
Trefwoorden: multikulturele woordeboek, veeltalige woordeboek, verklarende woordeboek, vakwoordeboek, wiegand, doelstellings van woordeboeke, funksies van woordeboeke, ensiklopediese inligting, linguistiese inligting, woordeboekgebruik, protokolle, aanleerdersleksikog

Samenvatting

<b>'n Veeltalige, multikulturele en verklarende opvoedkundige musiekwoordeboek vir Suid-Afrika</b>Wiegand se metaleksikografie word gebruik om die doelstellings, funksies en aard van 'n veeltalige, multikulturele en verklarende opvoedkundige musiekwoordeboek vir Suid-Afrika te bepaal. Spesifieke tipes woordeboeke het spesifieke doelstellings. Vakwoordeboeke behoort die doelstelling te hê om inligting oor kennis in vakgebiede oor te dra. Hulle behoort ook kommunikasiekonflikte op te los. Die ware doelstellings van vakwoordeboeke is, volgens Wiegand, om óf linguistiese inligting oor terme oor te dra, óf ensiklopediese inligting, of albei. Die behoeftes van die gebruikers moet in ag geneem word wanneer die funksies van 'n woordeboek bepaal word. Wanneer nagedink word oor die funksies van 'n woordeboek wat musiekterme uit Suid-Afrika bevat, moet ook sosiale faktore in die Suid-Afrikaanse musiekopvoeding in ag geneem word. Die beplande woordeboek sal 'n linguistiese en 'n kommunikatiewe funksie hê. Dit sal ook 'n kognitiewe en wetenskaplike funksie hê om in 'n opvoedkundige behoefte te voorsien. Wat die aard van die woordeboek betref, sal dit elemente van verskillende tipes woordeboeke moet bevat, soos verklarende woordeboeke, vertalende woordeboeke en aanleerderswoordeboeke. 'n Tematiese rangskikking sal gevolg word, aangevul deur 'n alfabetiese indeks. Twee weergawes van die woordeboek sal gepubliseer moet word, naamlik 'n meer akademiese weergawe vir spesialiste, met meer tipes inligting, en 'n meer populêre weergawe vir niespesialiste.<b>Sleutelwoorde:</b> multikulturele woordeboek; veeltalige woordeboek; verklarende woordeboek; vakwoordeboek; wiegand; doelstellings van woordeboeke; funksies van woordeboeke; ensiklopediese inligting; linguistiese inligting; woordeboekgebruik; protokolle; aanleerdersleksikografie 
Gepubliceerd
2012-09-07
Citeerhulp
Smit, M. (2012). A Multilingual, Multicultural and Explanatory Music Education Dictionary for South Africa --- Using Wiegand’s Metalexicography to Establish its Purposes, Functions and Nature. Lexikos, 8(1). https://doi.org/10.5788/8-1-946
Sectie
Navorsingsartikels / Research Articles