Analysis of the Word-Initial Segment with Reference to Lemmatising Zulu Nasal Nouns

  • M.H. Mpungose Zulu Dictionary Project, University of Zululand, Durban-Umlazi Campus, Isipingo, South Africa
Trefwoorden: naasliggende letter, samestelling, saamgestel, konsonant, element, etimologies, evolusionêr, homorganies, inisieel, intraklinker, lemma, lemmatiseer, leksikaal, morfofonologies, nasaal, naamwoordklas, segment, sillabe, klinker

Samenvatting

Die proses van lemmatisering van nasale naamwoorde in die Zoeloeleksikon is problematies. Die tradisionele metode is om leksikale selfstandige naamwoorde in Zoeloe volgens die etimologiese naamwoordstam te lemmatiseer. Hierdie gebruik veroorsaak moeilikhede by die harmonisering van leksikale selfstandige naamwoorde met hul sintaktiese toepassing. Die meeste outeurs en leksikograwe is inkonsekwent in die identifisering van die woordinisiële segment wat die letter van die alfabet bepaal waaronder die leksikale selfstandige naamwoord geplaas moet word. Gevolglik vind woordeboekgebruikers Zoeloewoordeboeke nie gebruikersvriendelik nie. In hierdie artikel word die beginsel van "'n selfstandige naamwoord sonder inisiële klinker" dus voorgestel as 'n metode om nasale naamwoorde in Zoeloe te lemmatiseer. Daar word tot die gevolgtrekking gekom dat dit nie nodig is om op die afleidingsgeskiedenis van 'n leksikale naamwoord in te gaan nie, maar dat daar eerder gefokus moet word op die produk van die werking van die morfofonologiese reëls. Die artikel gee dit ook ter oorweging dat dit nodig is om die onderskeidende kenmerke van die segmente van 'n sillabe te identifiseer en om te erken dat identiese vorme van 'n segment in verskillende segmentele posisies (inisieel, mediaal en finaal) voorkom. Ten slotte word voorgestel dat die prefiks van die nasale naamwoord in Zoeloe saamgestel word aan die hand van 'n oop sillabepatroon gedefinieer deur 'n algemene KV-formule gebaseer op 'n VKV-naamwoordprefiks-oopsillabepatroon. <b>Sleutelwoorde:</b> naasliggende letter; samestelling; saamgestel; konsonant; element; etimologies; evolusionêr; homorganies; inisieel; intraklinker; lemma; lemmatiseer; leksikaal; morfofonologies; nasaal; naamwoordklas; segment; sillabe; klinker 
Gepubliceerd
2012-09-07
Citeerhulp
Mpungose, M. (2012). Analysis of the Word-Initial Segment with Reference to Lemmatising Zulu Nasal Nouns. Lexikos, 8(1). https://doi.org/10.5788/8-1-945
Sectie
Navorsingsartikels / Research Articles