Cross-Referencing as a Lexicographic Device

  • R.H. Gouws Department of Afrikaans and Dutch, University of Stellenbosch, South Africa
  • D.J. Prinsloo Department of African Languages, University of Pretoria, South Africa
Trefwoorden: kruisverwysing, mediostruktuur, leksikografie, woordeboek, metaleksikografie, verwysingsinskrywing, verwysingsverband, verwysingsadres, afrikatale

Samenvatting

<b>Kruisverwysing as 'n leksikografiese tegniek</b>Die mediostruktuur, d.w.s. die stelsel van kruisverwysing, is 'n leksikografiese tegniek wat gebruik kan word om verbande te lê tussen verskillende komponente van 'n woordeboek. In hierdie artikel word aandag gegee aan verskillende mediostrukturele strategieë en hul praktiese toepassing in algemene sinchroniese woordeboeke. Woordeboekstruktuur word vanuit 'n metaleksikografiese perspektief bespreek ten einde die kruisverwysingstelsel te verduidelik. Daar word aangetoon hoe tekskohesie, verkry deur die interaksie van die onderskeie struktuurkomponente, bevorder word deur die gebruik van 'n kruisverwysingstelsel en verbeter word deur 'n vernuwende benadering ten opsigte van mediostruktureel-georiënteerde leksikografie. 
Gepubliceerd
2012-09-07
Citeerhulp
Gouws, R., & Prinsloo, D. (2012). Cross-Referencing as a Lexicographic Device. Lexikos, 8(1). https://doi.org/10.5788/8-1-943
Sectie
Navorsingsartikels / Research Articles