Die teenstellingsdefinisie in Afrikaanse verklarende woordeboeke

  • Herman L. Beyer Departement Germaanse en Romaanse Tale, Universiteit van Namibië, Windhoek, Namibië
Trefwoorden: betekenisverklaring, geslagsopposisie, geslagsopposisiepare, kruisverwysing, leksikograaf, leksikografiese definisie, leksikografiese hantering, manlike lede, morfologies gemerkte geslagsopposisiepare, semantiese en sintaktiese inligting, standaard verkla

Samenvatting

Hierdie artikel behandel die teenstellingsdefinisie wat geredelik in Afrikaanse standaard verklarende woordeboeke gebruik word om die vroulike lid van 'n geslagsopposisiepaar te definieer. Die doel van die artikel is om te bepaal of die teenstellingsdefinisie 'n volwaardige leksikografiese definisie is, en of die gebruik daarvan leksikografies geregverdig is. Die terme <i>geslagsopposisie</i>, <i>geslagsopposisiepare</i>, <i>manlike en vroulike lede van geslagsopposisiepare</i> en <i>teenstellingsdefinisie</i> word ten aanvang verduidelik. Argumente ten gunste van die gebruik van die teenstellingsdefinisie aangetref in die Afrikaanse metaleksikografiese literatuur, word weergegee, gevolg deur argumente wat die gebruik van dié definisie teenstaan. Die afwesigheid van 'n evaluering van die teenstellingsdefinisie as leksikografiese definisie word bevestig, en sodanige evaluering word vervolgens aangebied na aanleiding van verdere ondersoek na die optrede van dié definisie in die <i>Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal</i>. Die implikasies van die optrede van die teenstellingsdefinisie in terme van geldende leksikografiese konvensies en die aanwending van 'n model in terme waarvan leksikografiese definisies geklassifiseer kan word, lei tot die gevolgtrekking dat die teenstellingsdefinisie nie as leksikografiese definisie erken kan word nie. Vergelykbare definiëringstrategieë in nie-Afrikaanse woordeboeke word kortliks uitgewys, gevolg deur voorstelle vir die alternatiewe hantering van (vroulike lede van) morfologies gemerkte geslagsopposisiepare.<b>Sleutelwoorde:</b> betekenisverklaring; geslagsopposisie; geslagsopposisiepare; kruisverwysing; leksikograaf; leksikografiese definisie; leksikografiese hantering; manlike lede; morfologies gemerkte geslagsopposisiepare; semantiese en sintaktiese inligting; standaard verklarende woordeboek; teenstellingsdefinisie; verwysing; vroulike lede 
Gepubliceerd
2012-09-07
Citeerhulp
Beyer, H. L. (2012). Die teenstellingsdefinisie in Afrikaanse verklarende woordeboeke. Lexikos, 8(1). https://doi.org/10.5788/8-1-942
Sectie
Navorsingsartikels / Research Articles