Poorte na kennis: CD-ROM-ensiklopedieë met spesifieke verwysing na <i>Microsoft Encarta 99 Encyclopedia.</i>

  • Phillip Adriaan Louw Department of Afrikaans and Dutch, University of Stellenbosch, Stellenbosch, Republic of South Africa
Trefwoorden: aktiewe kruisverwysings, cd-rom-ensiklopedie, eksterne soekroete, eksterne toegangstruktuur, ensiklopedie, gebruikersvriendelikheid, gidsstrukture, interne soekroete, interne toegangstruktuur, internet, linguistiese woordeboek, mediostruktuur, multimedia,

Samenvatting

Die noue interaksie tussen die linguistiek en die leksikografie het in die laaste paar dekades reeds baie goeie gevolge gehad, met die totstandkoming van 'n teoretiese raamwerk of metaleksikografie as seker die prominentste uitvloeisel. Hierdie wisselwerking het egter tot 'n ongelukkige gevolg gelei: die marginalisasie van nielinguistiese woordeboeke en veral ensiklopedieë binne die teoretiese debat.In hierdie artikel sal semantiese, leksikografiese en pragmatiese motiverings aangebied word vir 'n hernieude fokus op ensiklopedieë. Die revolusie wat deur die CD-ROM-ensiklopedieë veroorsaak is en die voordele wat hulle vir 'n wye spektrum gebruikers inhou, is die belangrikste pragmatiese motiverings wat bespreek sal word. <i>Microsoft Encarta 99 Encyclopedia</i> sal optree as gids by die ondersoek na die impak wat hierdie revolusie op die beginsels van gebruikersvriendelikheid en woordeboektoeganklikheid het. Laastens word 'n blik op die toekoms gebied waarin die Internet as die logiese bereiking van die potensiaal van rekenaars as toeganklike, gebruikersvriendelike naslaanbronne in die vooruitsig gestel word.<b>Sleutelwoorde:</b> aktiewe kruisverwysings; cd-rom-ensiklopedie; eksterne soekroete; eksterne toegangstruktuur; ensiklopedie; gebruikersvriendelikheid; gidsstrukture; interne soekroete; interne toegangstruktuur; internet; linguistiese woordeboek; mediostruktuur; multimedia; nielinguistiese woordeboek; passiewe kruisverwysings; toegangstruktuur; woordeboektoeganklikheid 
Gepubliceerd
2012-08-31
Citeerhulp
Louw, P. A. (2012). Poorte na kennis: CD-ROM-ensiklopedieë met spesifieke verwysing na <i>Microsoft Encarta 99 Encyclopedia.</i&gt;. Lexikos, 9(1). https://doi.org/10.5788/9-1-927
Sectie
Resensieartikels/Review Articles