Leksikografie in 'n meertalige Suid-Afrika

  • Various Various
Trefwoorden: pansat, leksikografie-eenhede, wet op die pan-suid-afrikaanse taalraad, 1995, wysigingswet op die pan-suid-afrikaanse taalraad, 1999, afrilex, buro van die woordeboek van die afrikaanse taal, dictionary unit for south african english, sepedi woordeboekpro

Samenvatting

Op 12 April 1996 het die Staatstaaldiens 'n taalbeplanningseminaar, Lexicography as a Financial Asset in a Multilingual South Africa, gereël wat by die Buro van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal op Stellenbosch gehou is. 'n Besondere kenmerk van dié seminaar was die deelname nie net van taalkundiges en leksikograwe betrokke by die akademiese en praktiese kant van die opstel van woordeboeke nie, maar ook diegene met kommersiële belange op hierdie gebied, nl. die uitgewers en bemarkers van woordeboeke. 'n Belangrike deel van dié seminaar was die bydraes oor die leksikografiese behoeftes van elkeen van die elf amptelike tale van die Republiek van Suid-Afrika. Hierdie seminaar is gevolg deur 'n raadplegende vergadering gereël deur die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (PANSAT) met belanghebbendes op 31 Oktober 1997 in Johannesburg. Die doel van die vergadering was om aan deelnemers die stand van die wetgewing betreffende leksikografie-eenhede te verduidelik, om deelnemers in te lig oor die taalplan van die Republiek van Suid-Afrika en die rol van die leksikografie daarin, om deelnemers bewus te maak van die voorbereiding nodig om 'n leksikografie-eenheid op te rig, en om die opvattings van deelnemers te verkry betreffende belangrike leksikografiese aangeleenthede met behulp van 'n vraelys en besprekings. Hierdie byeenkoms was 'n belangrike voorloper van twee verdere byeenkomste wat deur PANSAT in die Burgersentrum in Johannesburg gereël is, nl. Lexicographic Meeting of the Existing Lexicographic Units of South Africa op 19 en 20 Maart 1998 en Lexicographic Meeting of the Languages which do not already have a Lexicographic Unit op 14 en 15 Mei 1998. Die afgevaardigdes het deelgeneem aan die bepaling van norme vir die erkenning van bestaande en nuwe leksikografie-eenhede, en vir die voorsiening van personeel aan en staatsubsidiëring van leksikografie-eenhede. Bepalings vir die leksikografie-eenhede is ook bespreek. Die referate wat by hierdie twee byeenkomste gehou is, gee 'n oorsig van die stand van die leksikografie in die verskillende amptelike tale in die Republiek van Suid-Afrika. Die opdrag vir die eerste geleentheid was om die missie, geskiedenis en huidige omstandighede van die bestaande eenhede uiteen te sit, nl. Afrikaans, Engels, isiNdebele, Sepedi, isiXhosa en isiZulu. Die opdrag vir die tweede geleentheid was om die stand van die leksikografie te skets in die tale wat nog nie leksikografiese eenhede het nie, nl. Sesotho, Setwana, siSwati, Tshivenda en Tsonga. Aangepaste en bygewerkte uittreksels uit die dokumentasie van die byeenkomste word hier gepubliseer met die vriendelike vergunning van PANSAT en die aanbieders van die onderskeie referate. Hulle word voorafgegaan deur 'n uiteensetting van die prosedure vir die instelling van die leksikografie-eenhede vir die elf amptelike tale van die Republiek van Suid-Afrika. PANSAT het in 1995 tot stand gekom kragtens die Wet op die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (No. 59 van 1995). Om onder andere voorsiening te maak vir die stigting van leksikografie-eenhede deur PANSAT is die Wysigingswet op die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (No. 10 van 1999) vanjaar aangeneem. Die oogmerke van PANSAT is: (a)   om respek te bevorder vir, en die implementering te verseker van die volgende beginsels: (i)   die skepping van toestande vir die ontwikkeling en vir die bevordering van die gelyke gebruik en benutting van al die amptelike Suid-Afrikaanse tale; (ii)  die uitbreiding van daardie regte met betrekking tot taal en die status van tale wat voor 27 April 1994 tot sekere streke beperk was; (iii) die voorkoming van die gebruik van enige taal vir die doeleindes van uitbuiting, oorheersing of verdeling; (iv)  die bevordering van — (aa)  veeltaligheid; en (bb)  die voorsiening van vertalings- en tolkfasiliteite; (v)   die kweek van respek vir ander tale, benewens die amptelike tale, wat in die Republiek gepraat word, en die aanmoediging van die gebruik daarvan in gepaste omstandighede; en (vi)  die nievermindering van regte met betrekking tot taal en die status van tale wat voor 27 April 1994 bestaan het; (b)   om die uitbouing van die amptelike Suid-Afrikaanse tale na te streef; (c)   om respek vir en die ontwikkeling van ander tale wat deur gemeenskappe in Suid-Afrika gebruik word, asook tale wat vir godsdiensdoeleindes gebruik word, te bevorder; (d)   om kennis van en respek vir die bepalings en beginsels van die Grondwet wat regstreeks of onregstreeks betrekking het op taalaangeleenthede, te bevorder; (e)   om respek vir veeltaligheid in die algemeen te bevorder; en (f)   om die benutting van Suid-Afrika se taalhulpbronne te bevorder.The National Lexicography Units - Existing and Prospective<i>M.B. Kumalo</i>Bureau of the Woordeboek van die Afrikaanse Taal<i>B.P.D. Gabriels, A.E. Cloete and W.F. Botha</i>Dictionary Unit for isiNdebele<i>P.B. Skhosana</i>Dictionary Unit for South African English<i>Penny Silva</i>Sepedi Dictionary Project<i>D.J. Prinsloo and K.J. Mashamaite</i>Xhosa Dictionary Project<i>T.X. Mfaxa</i>Zulu Dictionary Project<i>A.C. Nkabinde</i>The State of Lexicography in Sesotho<i>M.A. Moleleki</i>The State of Lexicography in Setswana<i>M.R. Malope</i>The State of siSwati Lexicography<i>P.M. Lubisi</i>The State of Tshivenda Lexicography<i>A. Mawela</i>The State of Xitsonga Lexicography<i>D.I. Mathumba</i><b>Sleutelwoorde:</b> pansat; leksikografie-eenhede; wet op die pan-suid-afrikaanse taalraad; 1995; wysigingswet op die pan-suid-afrikaanse taalraad; 1999; afrilex; buro van die woordeboek van die afrikaanse taal; dictionary unit for south african english; sepedi woordeboekprojek; woordeboekeenheid vir isindebele; xhosa woordeboekprojek; zulu woordeboekprojek; sesotho leksikografie; setswana leksikografie; siswati leksikografie; tshivenda leksikografie; tsonga leksikografie 
Gepubliceerd
2012-08-30
Citeerhulp
Various, V. (2012). Leksikografie in ’n meertalige Suid-Afrika. Lexikos, 9(1). https://doi.org/10.5788/9-1-924
Sectie
Byeenkomste / Meetings