Die belangrikheid van 'n sakeplan wanneer 'n leksikografiese projek beplan word

  • Mariëtta Alberts National Language Service, Department of Arts, Culture, Science and Technology, Pretoria, Republic of South Africa
Trefwoorden: aksieplan, behoeftebepaling, belanghebbende, doel, doelwit, eindgebruiker, empiriese ondersoek, finansier, geleentheid, inligtingoordrag, kritieke suksesfaktor, leksikografie-eenheid, leksikografiepraktyk, medewerkers, menslike hulpbron, missie, organisas

Samenvatting

Hierdie artikel handel oor die belangrikheid van 'n sakeplan by die beplanning van 'n leksikografieprojek. 'n Sakeplan is 'n aspek van die leksikografieproses wat liefs deur die meeste leksikograwe geïgnoreer sou wou word. Dit is egter 'n belangrike stap in die totstandbrenging van 'n leksikografieprojek. Die saamstel van 'n woordeboek is 'n tydrowende proses en duur saak en behoorlike beplanning is van die uiterste belang of die woordeboekprojek deur 'n individu of deur 'n span leksikograwe aangepak word. Derhalwe is 'n sakeplan 'n uitstekende hulpmiddel om behoorlike beplanning te doen voordat daar met 'n leksikografieprojek begin word. Dit gee aan belanghebbendes 'n aanduiding van die omvang van die beoogde leksikografiese projek. Finansiers vereis 'n sakeplan om die finansiering van 'n projek goed te keur en dit geld ook vir 'n leksikografieprojek. Hierdie artikel handel oor die waarde van en rede vir 'n sakeplan. Dit dek ook aspekte soos die opstel van 'n sakeplan, sowel as die inhoudelike vereistes daarvan.<b>Sleutelwoorde:</b> aksieplan; behoeftebepaling; belanghebbende; doel; doelwit; eindgebruiker; empiriese ondersoek; finansier; geleentheid; inligtingoordrag; kritieke suksesfaktor; leksikografie-eenheid; leksikografiepraktyk; medewerkers; menslike hulpbron; missie; organisasiestruktuur; risiko; sakeplan; situasieanalise; sleuteldiens; sleutelveranderlike; strategie; visie 
Gepubliceerd
2012-08-30
Citeerhulp
Alberts, M. (2012). Die belangrikheid van ’n sakeplan wanneer ’n leksikografiese projek beplan word. Lexikos, 9(1). https://doi.org/10.5788/9-1-922
Sectie
Lexikovaria/Lexicovaria