Op weg na 'n meertalige woordeboek van akademiese woorde

  • Julia Read University of Pretoria, Pretoria, Republic of South Africa
  • Marguerite Ambrose University of Pretoria, Pretoria, Republic of South Africa
Trefwoorden: meertalig, akademiese kernwoordeskat, leerlingwoordeboek, leesvaardighede, korpusontwikkeling, vertaalekwivalente

Samenvatting

Woordeskat vorm 'n essensiële deel van die leerproses, van lees- en skryfvaardighede. Tans is Engels die primêre taal van die tersiêre onderwys in Suid-Afrika, en dit benadeel studente met ander taalagtergronde. Die beplande woordeboek is derhalwe gerig op eerstejaaruniversiteitstudente wat Engels as tweede taal gebruik. Dit sal in vier tale wees: Engels, Afrikaans, Zulu en Sepedi. I.S.P. Nation en J. Coady het 'n akademiese kernwoordeskat saamgestel wat tersiêre studente in alle studierigtings behoort te ken om tekste op tersiêre vlak te enkodeer en te dekodeer, en dit het as basis vir die beplande woordeboek gedien. Hierdie lys moet egter vergelyk en opgedateer word met materiaal uit 'n Suid-Afrikaanse akademiese korpus. 'n Voorlopige vergelykende studie is gedoen op basis van outentieke Suid-Afrikaanse data, en 'n hersiene lys is opgestel. Die woordeboek sal nie vakspesifiek wees nie, maar gerig wees op die algemene, subtegniese woordeskat. Volledige definisies in al vier tale sal verskaf word, sowel as vertaalekwivalente, met Engels as die ankertaal. Waar leksikale gapings voorkom, sal vertaalekwivalente geskep word met die hulp van geskikte kundiges. Op hierdie manier sal die woordeboek bydra tot noodsaaklike korpusontwikkeling in die Afrikatale. Dit behoort ook 'n waardevolle naslaangids vir sowel onderwysers as studente te wees. 
Gepubliceerd
2012-08-30
Citeerhulp
Read, J., & Ambrose, M. (2012). Op weg na ’n meertalige woordeboek van akademiese woorde. Lexikos, 9(1). https://doi.org/10.5788/9-1-921
Sectie
Projekte/Projects