Toegangstrukture in 'n standaard vertalende woordeboek

  • Phillip Adriaan Louw Department of Afrikaans and Dutch, University of Stellenbosch, Stellenbosch, Republic of South Africa
Trefwoorden: eksterne sneltoegangstruktuur, eksterne soekroete, eksterne toegangstruktuur, gebruikersvriendelikheid, homonimie, interne sneltoegangstruktuur, interne soekroete, interne toegangstruktuur, leksikografie, metaleksikografie, polisemie, standaard eksterne t

Samenvatting

Die toegangstruktuur is die primêre gidsstruktuur binne enige standaard vertalende woordeboek se sentrale tekste. Die metaleksikografiese term "gidsstrukture" verwys na die groep strukture wat 'n raamwerk verskaf waarbinne die toeganklikheid en bereikbaarheid van inligtingstipes in 'n woordeboek geëvalueer kan word. Die toegangstruktuur is egter nie 'n ondeelbare entiteit nie. Dit sluit sekere substrukture in, waarvan die eksterne en interne toegangstrukture die belangrikste is. In hierdie artikel sal die status quo van toegangstrukture in huidige standaard vertalende woordeboeke met Afrikaans en Engels as behandelde taalpaar bespreek word. Voorstelle tot moontlike verbetering sal dan gemaak word. By die bespreking van die eksterne toegangstruktuur word daar voorgestel dat die eksterne sneltoegangstruktuur verbeter word deur die gebruik van 'n eenvoudige duimindeks en dat die huidige stelsel van loopkoppe behou word. By die standaard eksterne toegangstruktuur word 'n meer deurdagte en beter gemotiveerde stelsel van homonimiese ordening, asook 'n meer konsekwente inisieel-alfabetiese ordening voorgestel. Die fokus by die bespreking van die interne toegangstruktuur val op die verbetering van die interne sneltoegangstruktuur deur middel van 'n vernuwende gebruik van tipografiese en nietipografiese struktuurmerkers. Verbeterde ordeningstelsels binne inligtingskategorieë word voorgestel as 'n vernuwing in die standaard interne toegangstruktuur. Breë riglyne word dus gegee om woordeboektoeganklikheid te verbeter en gebruikersvriendelikheid te verhoog deur verbeterde toegangstrukture.<b>Sleutelwoorde:</b> eksterne sneltoegangstruktuur; eksterne soekroete; eksterne toegangstruktuur; gebruikersvriendelikheid; homonimie; interne sneltoegangstruktuur; interne soekroete; interne toegangstruktuur; leksikografie; metaleksikografie; polisemie; standaard eksterne toegangstruktuur; standaard interne toegangstruktuur; standaard vertalende woordeboek; struktuurmerker; toegangstruktuur; woordeboek; woordeboektoeganklikheid 
Gepubliceerd
2012-08-30
Citeerhulp
Louw, P. A. (2012). Toegangstrukture in ’n standaard vertalende woordeboek. Lexikos, 9(1). https://doi.org/10.5788/9-1-917
Sectie
Beskouende artikels / Contemplative Articles