Vertaling van kultuur in tweetalige woordeboeke
Trefwoorden:
aanstootlike items, aanvaarbaarheid, afrikaans, assosiatiewe betekenisse, beginsels van tekstualiteit, engels, etikettering, informatiwiteit, intensionaliteit, intertalige woordeboeke, japannees, kulturele studies, leksikografie, makrostrukturele seleksie
Samenvatting
Benewens die handeling van vertaling, tree transkulturalisasie en strategieë van tekstualiteit as interaktiewe faktore op by die saamstel van intertalige woordeboeke. In hierdie artikel word enkele gevolgtrekkings gemaak as uitvloeisel van 'n oorsig oor sommige Suid-Afrikaanse woordeboeke, meer bepaald twee‑ en drietalige woordeboeke waarin Afrikaans, Engels, Japannees, Xhosa en Zulu as makrostrukturele komponente gekombineer word. Nadat die handeling van vertaling in die betrokke woordeboeke met ekwivalensie-gebaseerde en deskriptiewe teorieë van vertaling in verband gebring word, word die verskynsel van kulturele oordrag tussen lemma en vertaalekwivalent ondersoek. Eers word 'n kort karakterisering van die betrokke woordeboeke gegee, en dan word die onderskeie perspektiewe en kulturele vooroordele ten opsigte van die "ander" kultuur soos weerspieël in die keuse van lemmas en redaksionele voorbeeldsinne belig. By die situering van elke geval van leksikografiese kontak word bepaalde tekslinguistiese beginsels oorweeg en toegepas op woordeboekartikels as eenhede van diskoers.<b>Sleutelwoorde:</b> aanstootlike items; aanvaarbaarheid; afrikaans; assosiatiewe betekenisse; beginsels van tekstualiteit; engels; etikettering; informatiwiteit; intensionaliteit; intertalige woordeboeke; japannees; kulturele studies; leksikografie; makrostrukturele seleksie; ostensiewe adressering; tekslinguistiek; vertaling; xhosa; zulu
Gepubliceerd
2012-08-30
Citeerhulp
Kotzé, E. (2012). Vertaling van kultuur in tweetalige woordeboeke. Lexikos, 9(1). https://doi.org/10.5788/9-1-916
Nummer
Sectie
Beskouende artikels / Contemplative Articles
Outeursreg op alle materiaal wat in Lexikos gepubliseer is, berus by die Direksie van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Dit staan skrywers egter vry om hulle materiaal elders te gebruik mits Lexikos (AFRILEX-reeks) erken word as die oorspronklike publikasiebron.