Verdwaal in die doolhof van leksikografie — die stryd van 'n regsgeleerde

  • Jansen Jansen Department of Criminal and Procedural Law, University of South Africa, Pretoria, Republic of South Africa
Trefwoorden: definisie, inheemse afrikatale, leksikografie, misdaad, outeursreg, produkteaanspreeklikheid, reg, regsaanspreeklikheid, regsterm, regsterminologie, sentrum vir regsterminologie in afrikatale, strafprosesreg, strafreg, vertaling, woordeboek

Samenvatting

Die werk van die Sentrum vir Regsterminologie in Afrikatale behels die samestelling van 'n regswoordeboek waarin verskillende regsterme gedefinieer en dan vertaal word in die verskillende inheemse Afrikatale. Gedurende die eerste fase van die Sentrum se werksaamhede word 'n keuse van Engelse terme op die terrein van strafreg en strafprosesreg gemaak. Hierdie terme word dan van definisies voorsien en in die eerste doeltaal, naamlik Afrikaans, vertaal. Hierdie artikel handel oor die leksikografiese en regsprobleme wat deur die Sentrum ervaar is gedurende hierdie fase van die werk, soos gesien vanuit 'n regsgeleerde se perspektief. Aan die leksikografiese kant hou die probleme verband met die afbakening van die terreine, die bepaling van 'n teikengroep, die beskikbaarheid of gebrek aan bronne asook 'n aanduiding van hoe die Afrikaanse vertaling meehelp om die korrekte betekenis van terme te bepaal. Regsprobleme wat ervaar is, hou grotendeels verband met outeursreg, maar daar word ook kortliks verwys na die aspek van siviele aanspreeklikheid wat mag voortvloei uit die gebruik van die voltooide woordeboek. <b>Sleutelwoorde:</b> definisie; inheemse afrikatale; leksikografie; misdaad; outeursreg; produkteaanspreeklikheid; reg; regsaanspreeklikheid; regsterm; regsterminologie; sentrum vir regsterminologie in afrikatale; strafprosesreg; strafreg; vertaling; woordeboek  
Gepubliceerd
2012-08-30
Citeerhulp
Jansen, J. (2012). Verdwaal in die doolhof van leksikografie — die stryd van ’n regsgeleerde. Lexikos, 9(1). https://doi.org/10.5788/9-1-914
Sectie
Beskouende artikels / Contemplative Articles