Wetenskap in Sepedi: Is terminologisering die moeite werd?

  • Adelia Carstens Department of Afrikaans, University of Pretoria, Pretoria, Republic of South Africa
Trefwoorden: afrikatale, moedertaalonderrig, meertaligheid, noord-sotho, natuurwetenskap, sepedi, taalontwikkeling, taal vir spesiale doeleindes, terminologie, terminografie, terminologisering, wetenskapstaal

Samenvatting

Die terminologisering van die Afrikatale word al vir langer as 'n dekade druk bespreek. Tog is weinig vordering nog gemaak met betrekking tot die beplanning van algemene strategieë wat rigting aan hierdie proses kan gee. Daar is veral drie aanwysers dat die tyd ryp is om erns te maak met terminologisering: die min sukses wat tot dusver behaal is in die fasilitering van wetenskaplike kennis deur medium van niemoedertaalonderrig; die bestaan van 'n noemenswaardige korpus tegniese/wetenskaplike terme in die Afrikatale; en die positiewe gesindheid van wetenskaponderwysers teenoor die gebruik van die moedertaal, veral in landelike gebiede. Ter ondersteuning van hierdie aanduidings word die volgende getuienis aangebied: statistiek oor die slaagsyfers vir Natuurwetenskap in die Noordelike Provinsie, die uitslae van 'n houdingstudie / meningspeiling onder wetenskaponderwysers in hierdie gebied; leksikale gegewens wat sowel uit 'n empiriese ondersoek as van 'n onafhanklike bron verkry is. Vanuit 'n opvoedkundige oogpunt blyk die resultate van die navorsing die terminologisering van Sepedi te staaf. Daar word egter besef dat die houdings en persepsies van ander rolspelers, bv. leerlinge en ouers, in berekening gebring moet word wanneer aanbevelings gemaak word oor sensitiewe kwessies soos die taal van wetenskapskommunikasie. 
Gepubliceerd
2012-08-29
Citeerhulp
Carstens, A. (2012). Wetenskap in Sepedi: Is terminologisering die moeite werd?. Lexikos, 9(1). https://doi.org/10.5788/9-1-911
Sectie
Navorsingsartikels / Research Articles