Creating a Single South African Keyboard Layout to Promote Language

  • Dwayne Bailey
Trefwoorden: TOETSBORD, VEELTALIGHEID, VENDA, AFRIKAANS, TSWANA, NOORD-SOTHO, ZOELOE, BRON, GRATIS PROGRAMMATUUR, UITLEG

Samenvatting

<b>Die skep van 'n enkelvoudige Suid-Afrikaanse toetsborduitleg om taal te bevorder.</b> In hierdie gevallestudie word 'n beskrywing gegee van die ontwerp van 'n sleutelborduitleg vir die hantering van die insetbehoeftes van Suid-Afrikaanse tale, veral Venda, 'n taal wat andersins onmoontlik op 'n rekenaar getik sou kon word. Deur die skep van hierdie sleutelbord gebruik die ontwerper, Translate.org.za, 'n praktiese ingryp wat tegnologie verander van 'n middel wat 'n taal benadeel tot een wat die skep en bewaring van nuttige taal-hulpbronne vir minderheidstale verseker. Die studie kyk eers na die implikasies en gevolge van hierdie ontbrekende sleutelbord, en volg dan die proses van konsepsie, strategie, navorsing en ontwerp tot die uiteindelike gebruikersreaksie. Nie alleen word probleme soos die navors van die ortografieë, sleutelplasing en sleutelbordinsetkeuses ondersoek nie, maar ook strategiese doelwitte soos die versekering van 'n wye aanvaarding daarvan en die skep van 'n meertalige sleutelbord vir alle Suid-Afrikaanse tale word bespreek. Die resultaat is 'n sleutelbord wat meertaligheid bevorder en die vaslegging van nuttige gegewens vir toekomstige navorsing verseker. Uiteindelik is dit 'n werktuig wat help om die lewenskragtigheid van 'n taal te versterk en te steun.
Gepubliceerd
2014-08-26
Citeerhulp
Bailey, D. (2014). Creating a Single South African Keyboard Layout to Promote Language. Lexikos, 17. https://doi.org/10.5788/17-0-587
Sectie
Lexikoprogrammatuur/Lexicosoftware