Is Lexicography Making Progress? On Dictionary Use and Language Learners' Needs

  • Michaël Abecassis
Trefwoorden: LEKSIKOGRAFIE, EENTALIGE, TWEETALIGE, VERTWEETALIGDE, WOORDEBOEKE, TAALVERWERWING, WOORDEBOEKGEBRUIKER, NASLAANSTRATEGIEË, HARDOP-DINK, VERTALING, KORPUS, VAARDIGHEDE

Samenvatting

<b>Maak leksikografie vordering? Oor woordeboekgebruik en taalaanleerders se behoeftes.</b> Die doel van hierdie artikel is om die maniere te verken waarop beide moedertaalsprekers en vreemdetaalaanleerders woordeboeke gebruik en die strate-gieë wat woordeboekgebruikers toepas by die taalverwerwingsproses. Die basis vir hierdie artikel is 'n korpus van ses boeke (in chronologiese volgorde Atkins (Red.) 1998, Nesi 2000, Tono 2001, Humblé 2001, Sin-wai (Red.) 2004 en Thumb 2004) wat kyk na sowel die gebruik van tweetalige, eentalige en vertweetaligde woordeboeke as die gebruikers se gedrag by die raadplegingsproses. Beide die tweetalige en eentalige woordeboeke word skynbaar onafhanklik gebruik, afhangende daarvan of die gebruiker hulle wil aanwend vir begrip, vertaling of produksie met betrekking tot 'n vreemde taal. Soos die literatuur oor leksikografie aantoon, het sommige van hierdie woordeboeke, alhoewel hulle deur die jare baie veranderinge ondergaan het, steeds ernstige beperkinge as leer-werktuie, maar die gebruiker se prestasie word ook in empiriese navorsing ondersoek met die doel om sowel die effektiwiteit van woordeboeke te verhoog as om die taalaanleerder se vaardighede te ontwikkel.
Gepubliceerd
2014-08-27
Citeerhulp
Abecassis, M. (2014). Is Lexicography Making Progress? On Dictionary Use and Language Learners’ Needs. Lexikos, 17. https://doi.org/10.5788/17-0-555
Sectie
Resensieartikels/Review Articles