Bestuur en interne standaardisering van chemieterminologie: 'n Noord-Sotho gevallestudie.

  • Elsabé Taljard Department of African Languages, University of Pretoria, Pretoria, Republic of South-Africa
  • Mahlodi Jean Nchabeleng Department of African Languages, University of Pretoria, Pretoria, Republic of South-Africa
Trefwoorden: terminologiebestuur, standaardisering van terminologie, Noord-Sotho chemieterme, gebruikersvoorkeure, termonttrekking, termekwivalensie, tegniese vertaling

Samenvatting

Een van die talle implikasies van die proses van taaldemokratisering wat na 1994 in Suid-Afrika plaasgevind het, is die bemagtiging van die voorheen benadeelde Suid-Afrikaanse Bantoetale om ook tale van hoër funksies te word, dit wil sê tale van onderrig en leer, en ook tale van wetenskaplike diskoers. Dit impliseer die ontwikkeling, konsolidasie en veral standaardisering van terminologie vir elkeen van hierdie tale, asook die saamstel van vakwoordeboeke. Hierdie artikel beskryf die terminologiese prosessering van 'n tegniese teks voor die vertaling daarvan. Die vertaling vorm deel van die samestelling van 'n Viertalige Verklarende Chemiewoordeboek. Die artikel lewer verslag oor die model van terminologiebestuur wat gebruik is en verken strategieë vir die interne standaardisering van terme in die afwesigheid van algemeen-beskikbare, gestandaardiseerde chemieterme. 
Gepubliceerd
2012-01-19
Citeerhulp
Taljard, E., & Nchabeleng, M. J. (2012). Bestuur en interne standaardisering van chemieterminologie: ’n Noord-Sotho gevallestudie. Lexikos, 21(1). https://doi.org/10.5788/21-1-43
Sectie
Artikels/Articles