'n Kritiese evaluering van die lemmatiseringstrategieë vir naamwoorde en werkwoorde in isiZulu.

  • D.J. Prinsloo Department of African Languages,University of Pretoria, Pretoria, South-Africa
Trefwoorden: disjunktiewe skryfwyse, elektroniese woordeboeke, gebruikersperspektief, konjunktiewe skryfwyse, lemmatisering, links-uitgebreide artikelstruktuur, stamidentifisering, stamlemmatisering, woordlemmatisering

Samenvatting

Hierdie artikel is 'n kritiese evaluering van die lemmatiseringstrategieë vir naamwoorde en werkwoorde in isiZulu met spesifieke aandag aan die probleem van stamidentifikasie. Die veronderstelde teikengebruikers van woordeboeke wat volgens dié lemmatiseringstrategieë saamgestel is word omskryf as nie-moedertaal leerders van isiZulu. Die sterk- versus swakpunte van stamlemmatisering vir werkwoorde en naamwoorde, werkwoord- en naamwoordstamme sonder suffikse en woordlemmatisering vir naamwoorde sal oorweeg word hoofsaaklik in terme van die volledige paradigma 'n willekeurig gekose wortel, naamlik -sebenz- in 'n isiZulu korpus. Daar word tot die gevolgtrekking gekom dat woordlemmatisering bo stamlemmatisering verkies word. Daar sal aangevoer word dat die probleem van stamidentifikasie slegs in elektroniese woordeboeke opgelos kan word en die elektroniese woordeboek isiZulu.net sal vir dié doeleindes ontleed word.
Gepubliceerd
2012-01-18
Citeerhulp
Prinsloo, D. (2012). ’n Kritiese evaluering van die lemmatiseringstrategieë vir naamwoorde en werkwoorde in isiZulu. Lexikos, 21(1). https://doi.org/10.5788/21-1-42
Sectie
Artikels/Articles