Die samestelling van veeltaligekonsep-geletterheidswoordelyste by die Universiteit van Kaapstad: 'n Leksikografiesefunksieteoretiese benadering.
Trefwoorden:
veeltaligekonsep-geletterheidswoordelyste, woordelys, woordeboek, terminologie, terminografie, leksikografie, gespesialiseerde leksikografie, gebruikers, korpus, Wordsmith
Samenvatting
Hierdie artikel stel 'n leksikografiese benadering tot die samestelling van meertaligekonsep-geletterheidswoordelyste voor wat 'n baie belangrike rol kan speel by die ondersteuning van studente by instellings vir hoër onderwys. Om konsepgeletterdheid te ondersteun, veral vir studente vir wie Engels nie die moedertaal is nie, stel 'n aantal universiteite in Suid-Afrika meertalige woordelyste saam waardeur die gebruik van ander tale as Engels as hulpmedia aangewend kan word. Terminologieë in ander tale as Engels word ontwikkel deur Engelse terme te vertaal of nuwe terme in hierdie tale te skep om die moedertaalvaardigheid van die meeste studente te benut. Die woordelysprojek by die Universiteit van Kaapstad (UK) wat ontwerp is onder die beskerming van die Multilingualism Education Project (MEP) word bespreek. Daar word aangetoon dat die UK-woordelyste saamgestel word deur die aanwending van metodes ooreenstemmend met dié gebruik in die moderne leksikografie of voorgestel in die moderne leksikografiese teorie. Die leksikografiese funksieteorie word spesifiek gebruik om die woordelyste en hul totstandbrenging te verantwoord. Daar word aangevoer dat die moderne leksikografie nuttige leiding vir die totstandbrenging van woordelyste kan verskaf, gegee dat die vroegste woordelyste die nederige begin van die leksikografie uitmaak.
Gepubliceerd
2012-01-18
Citeerhulp
Nkomo, D., & Madiba, M. (2012). Die samestelling van veeltaligekonsep-geletterheidswoordelyste by die Universiteit van Kaapstad: ’n Leksikografiesefunksieteoretiese benadering. Lexikos, 21(1). https://doi.org/10.5788/21-1-41
Nummer
Sectie
Artikels/Articles
Outeursreg op alle materiaal wat in Lexikos gepubliseer is, berus by die Direksie van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Dit staan skrywers egter vry om hulle materiaal elders te gebruik mits Lexikos (AFRILEX-reeks) erken word as die oorspronklike publikasiebron.