Ekwivalent-seleksie in gespesialiseerde e-leksikografie: 'n Gevallestudie met Spaanse rekeningkundige terme.

  • Pedro A. Fuertes-Olivera University of Valladolid Spain
Trefwoorden: e-leksikografie, TSD-leksikografie, terminologie, Spaans, Engels, ekwivalent-seleksie, rekeningkunde-woordeboeke, funksie-teorie, TSD-kommunikasie, vertaalwoordeboek

Samenvatting

Belangstelling in gespesialiseerde leksikografie is aangevuur deur sowel die ontwikkeling van TSD-kommunikasie in akademiese kringe as die konsolidasie van funksie-gebaseerde benaderings tot leksikografie. Laasgenoemde benadering het die bestaan van verskeie gebruikerstipes, bv. kundiges, semi-kundiges en geïnteresseerde leke, en gebruiksituasies, tipies kognitief-georiënteerde en kommunikatief-goriënteerde situasies, geïdentifiseer (Bergenholtz and Tarp, 2003, 2004). Hierdie artikel volg hierdie ontwikkelings na en wei uit oor die seleksie van Spaanse ekwivalente in 'n spesifieke woordeboekprojek: die Diccionario Inglés–Español de Contabilidad, 'n rekeningkunde-woordeboek. In hierdie woordeboek word beoog om te voorsien in die behoeftes van vertalers (die primêre gebruikersgroep), rekeningkundiges en finansiële kundiges (die sekondêre gebruikersgroep), en rekeningkunde-, vertaal- en joernalistiekstudente asook geïnteresseerde leke (die tersiêre gebruikersgroep). Hierdie kwessie word aangespreek as 'n leksikografiese probleem en kommentaar word gelewer op die besluite wat geneem is deur uit te brei op drie leksikografiese beginsels wat die aard van die leksikografie, die tegniese opsies wat deur die Internet gebied word, en die definiërende eienskappe van gespesialiseerde diskoers in ag neem: relevansie, proskripsie en herskepping.
Gepubliceerd
2012-01-18
Citeerhulp
Fuertes-Olivera, P. A. (2012). Ekwivalent-seleksie in gespesialiseerde e-leksikografie: ’n Gevallestudie met Spaanse rekeningkundige terme. Lexikos, 21(1). https://doi.org/10.5788/21-1-39
Sectie
Artikels/Articles