Tussen designer drugs (ontwerpersdwelms) en afterburners (naverbranders): 'n leksikografies-semantiese studie van ekwivalensie.

  • Arleta Adamska-Sałaciak Department of Lexicology and Lexicography School of English Adam Mickiewicz University Poznań

Samenvatting

Die leksikons van natuurlike tale is nie isomorf nie. Redes vir die gebrek aan isomorfie kom op drie onderling verwante vlakke voor: taalstruktuur, die buitetalige realiteit, en konseptualisasie. Anders gestel kan die tersaaklike verskille in die taal, die wêreld, die verstand, of enige kombinasie hiervan aangetref word. Gevolglik is dit wat as <i>leksikografiese ekwivalensie </i>bekend staan 'n nogal heterogene kategorie. 'n Groeiende bewuswording van hierdie feit het oor die jare daartoe gelei dat verskeie tentatiewe tipologieë van ekwivalensie geskep is, waarvan een hieronder aangebied word, saam met 'n kort bespreking van sommige strategieë om onvolledige ekwivalensie te hanteer. Die oorblywende deel van die artikel bevat 'n uitvoerige ontleding van 'n enkele probleem wat teëgekom is toe 'n nuwe uitgawe van 'n tweetalige woordeboek vir Poolse aanleerders van Engels saamgestel is. Die betrokke taak het behels dat 'n lewensvatbare teenhanger vir 'n (Poolse) semantiese neologisme uit 'n paar ekwivalente (Engelse) alternatiewe gekies word. In die bespreking word verwys na sowel die metaleksikografiese kategorieë wat vroeër geopper is, as na konsepte in die leksikale (veral die kognitiewe) semantiek wat sou kon help om die betekenisverskil tussen die brontaalitem en sy kompeterende doeltaalvertalings vas te vang. Hierdie ontleding van 'n enkele voorbeeld op mikroskaal demonstreer dat ons nog ver daarvan is om al die gevalle van onvolledige intertalige ooreenstemming wat ons teëkom te kan klassifiseer, wat nog te sê van te hanteer. Om vol te hou met ons pogings om die komplekse vraagstukke te verstaan wat deur die oorkoepelende term <i>leksikografiese ekwivalensie</i> gedek word, is dit dus uiters belangrik om die hantering van betekenis in tweetalige woordeboeke te verbeter.
Gepubliceerd
2012-01-17
Citeerhulp
Adamska-Sałaciak, A. (2012). Tussen designer drugs (ontwerpersdwelms) en afterburners (naverbranders): ’n leksikografies-semantiese studie van ekwivalensie. Lexikos, 21(1). https://doi.org/10.5788/21-1-35
Sectie
Artikels/Articles